Ek sal Nol­lis­hul­le help om pad te gee

Beeld - - Kommentaar -

Bos­sie Bos­hoff, Wa­ver­ley

Ek het Sa­ter­dag maar weer vir Lof­tus aan­ge­durf met die we­te dat niks sou verander nie. Ek het tog ge­hoop die dae van won­der­wer­ke is nog nie ver­by nie.

Wat ’n pa­te­tie­se ge­mors! Daar is geen rug­by ge­speel nie, net ’n doel­lo­se ge­skop wat deur die­self­de a­ma­teur­ag­ti­ge “af­rig­ting­span” voor­ge­skryf is.

Ek het ge­dink Nol­lis Ma­rais sou ver­le­de week in skaam­te ge­dros en sy uit­ge­soek­te groe­pie saam­ge­vat het, maar on­ge­luk­kig was ons, die on­der­steu­ners, nie so ge­luk­kig nie.

Ek wil ’n re­de­li­ke groot bus by U­ber re­ël om die he­le af­rig­ting­span by Lof­tus op te laai ná hul stra­te­gie­se be­plan­ning­ses­sie ty­dens ont­byt.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.