Slag­ting van re­nos­ters neem in fel­heid toe

Beeld - - Middelblad -

23ge­stroop­te re­nos­ters, 46 ho­rings, 12 dae. Dit is die bloe­di­ge han­de­werk van sin­di­ka­te wat met me­ning op Suid-A­fri­ka se oud­ste na­tuur­re­ser­vaat, die Hluhlu­we-iM­fo­lo­zi (HiP), in die noor­de van K­waZu­lu-Na­tal, toe­ge­slaan het.

Dit is in dié re­ser­vaat, by die sa­me­vloei­ing van die Wit- en Swar­tiM­fo­lo­zi, waar die le­gen­da­rie­se na­tuur­be­waar­ders Ian Play­er en Mag­qubu N­tom­be­la 40 jaar ge­le­de die voet­spoor van ’n hand­vol (so­wat 50) wit­re­nos­ters ver­groot het deur hul­le na an­der re­ser­va­te te ver­skuif . . . tot die 20 000 wat hul­le tot on­langs in Suid-A­fri­ka was.

Play­er skryf in sy boek The W­hi­te R­hi­no Sa­ga (2013) ’n jag­ge­sel­skap het in 1894 ses wit­re­nos­ters by die sa­me­vloei­ing van die ri­vie­re ge­skiet. Die die­re was ge­sog on­der jag­ters vir hul ho­rings, vel en vleis. In die drie jaar wat ge­volg het, het tro­fee­jag­ters (ver­al van B­rit­se af­koms) ge­kla hul­le sien nie meer re­nos­ters in Suid-A­fri­ka nie. Ter­loops, tro­fee­jag is ’n hart­seer na­la­ten­skap van B­rit­se ko­lo­ni­a­lis­me.

Op 22 A­pril 1897 het die des­tyd­se re­ge­ring be­sef die wit­re­nos­ter is tot op die rand van uit­wis­sing ge­jag en die Hluhlu­we-iM­fo­lo­zi en St. Lu­cia is tot na­tuur­re­ser­va­te ge­pro­kla­meer. Dit is ’n groot ge­bied wat deur die iM­fo­lo­zi (Um­fo­lo­zi­ri­vier) een e­ko­stel­sel vorm. In die vol­gen­de paar jaar is geen jag­per­mit­te uit­ge­reik nie en kon hul­le in vre­de aan­groei.

S­tro­pe­ry in die re­ser­vaat het spo­ra­dies voort­ge­gaan, maar die slag­ting het nou in fel­heid in al K­waZu­lu-Na­tal se re­ser­va­te toe­ge­neem. 89 re­nos­ters is se­dert die be­gin van Mei in die pro­vin­sie ge­stroop.

Oor die aan­tal die­re wat die laas­te maan­de land­wyd ge­stroop is, swyg Ed­na Mo­le­wa, mi­nis­ter van om­ge­wing­sa­ke.

Play­er het die groot­skeep­se s­tro­pe­ry op sy ou­dag as trau­ma­ties er­vaar. Hy het die re­nos­ter se ge­aard­heid be­ter ge­ken as e­nig­ie­mand an­ders. Hy het na die die­re ver­wys as “man­ji­fiek, pre­his­to­ries, goed­ge­aard, sag en won­der­lik”.

Kort voor sy dood in No­vem­ber 2014 het hy aan Ju­li­an Ra­de­mey­er, ou­teur van Kil­ling for Pro­fit, ge­sê: “Die oor­le­wing­stryd wat die re­nos­ter voer, is simp­to­ma­ties van dit wat oor die wê­reld heen in die na­tuur ge­beur. Oral waar ’n mens gaan, sien jy die ver­nie­ti­ging.

“Daar is nie ’n en­ke­le re­ser­vaat ter wê­reld wat nie op die een of an­der ma­nier be­dreig word nie. Waar ek groot­ge­word het, was daar oral rooi- en geel­vin­ke en dam­me en wa­ter­vo­ëls. Nou is als met blok­ke van be­ton be­dek.”

En nou, vra die­ge­ne wat vir die om­ge­wing en ons wild om­gee, wat het Mo­le­wa en re­nos­ter­boe­re nou te sê?

Hoe gaan die op­hef­fing van die mo­ra­to­ri­um op die bin­ne­land­se han­del in re­nos­ter­ho­ring help om s­tro­pe­ry hok te slaan? Om sa­ke te ver­er­ger, het die slu­we Mo­le­wa in Fe­bru­a­rie be­paal twee re­nos­ter­ho­rings mag deur el­ke mens “vir per­soon­li­ke doel­ein­des” uit­ge­voer word. Mo­le­wa het tot nou toe nie ver­dui­de­lik wat pre­sies met die voor­ge­no­me re­gu­la­sie be­doel word nie.

Daar is ’n groot ver­trou­ens­breuk tus­sen haar en die bur­ger­li­ke ge­meen­skap. Dalk het dié re­gu­la­sie reeds van krag ge­word en is daar tal­le wat wag op re­nos­ter­ho­ring so­dat hul­le dit twee-twee land­uit kan neem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.