Goeie Nuus

Dán wen ons vir al­tyd

Beeld - - Middelblad - – S­te­phan Jou­bert

In krie­ket­toet­se hoor jy soms dat kol­wers ’n kolf­beurt moet ver­de­dig. Dan waag hul­le nie kan­se of speel skou­spel­ag­ti­ge houe nie.

Die le­we doen die­self­de met ons. Ons moet ge­du­rig ons eie le­wens­beurt ver­de­dig . . . en ons goeie naam. Is dit dalk hoe­kom die Fran­se sjef Ber­nard Loi­seau in 2003 self­moord ge­pleeg het toe dit ge­lyk het of sy re­stau­rant een van sy drie Mi­che­lin-ster­re sou ver­loor? (Dit was na­dat die re­stau­rant­gids Gault Mil­lau hom al met twee pun­te af­ge­gra­deer het.) Vir hom was dit moont­lik net te veel om te ver­loor.

Wel, hier’s ’n nuus­flits: Niks in hier­die le­we is so­veel werd dat ons ons le­we daar­voor moet ver­loor nie . . . be­hal­we ons siel.

Ons kan en moet ons­self in Chris­tus ver­loor. Dan het ons vir al­tyd ge­wen. Dan hoef ons nie ons ego, ons suk­ses of ons geld te pro­beer ver­de­dig nie. Of be­hep te wees met ons o­pen­ba­re beeld nie.

Ons vry­heid is ge­se­tel in die He­re. As Hy ons vry­ge­maak het, sal ons waar­lik vry wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.