‘Karoo Moo­se’ ryg Kan­nas in

N­ga­ba se ‘S­wan Song’ wen twee te­a­ter­pry­se

Beeld - - Kuns & Vermaak - La­e­ti­tia Pop­le

’n Aan­gry­pen­de, skok­ken­de te­a­ter­aan­bie­ding wat uit­waai­er rond­om die ver­krag­ting van ’n tie­ner­mei­sie in ’n Ka­roo­dor­pie, het van­jaar drie Kan­nas – die mees­te deur ’n pro­duk­sie op die prys­aand – ver­o­wer.

Die Kan­nas, wat pres­ta­sie op die Klein Karoo Na­si­o­na­le Kuns­te­fees (KKNK) op Oudts­hoorn ver­eer, is gis­ter­aand op ’n spog­ge­leent­heid in die Nas­dak-ont­haal­ruim­te in die Me­dia24-ge­bou in Rog­ge­baai, Kaap­stad, oor­han­dig.

Karoo Moo­se, op­ge­voer in En­gels en X­ho­sa deur die Bax­ter­te­a­ter, het die Kan­na vir bes­te al­ge­he­le te­a­ter­aan­bie­ding ge­wen, La­ra Foot is ver­eer as bes­te re­gis­seur en C­hu­ma So­po­te­la as bes­te ak­tri­se.

Die veel­kan­ti­ge be­we­gingste­a­ter­stuk be­wys op­nuut die he­len­de krag van te­a­ter, ver­al in ’n land wat deur ge­weld teen jong kin­ders ge­ken­merk word. Dit is in 2007 vir die eer­ste keer op­ge­voer en het al meer as 15 na­si­o­na­le te­a­ter­pry­se ont­vang.

Neil Cop­pen se Bui­te Land is as die bes­te de­buut aan­ge­wys. Daar­in word be­sin oor die aard van ge­heue en be­hoort in ’n storm­ag­ti­ge Suid-A­fri­ka waar twee mans – een swart, die an­der wit – ’n ver­hou­ding aan­knoop wat hul kul­tuur, ge­loof en ver­le­de troef. Ko­pa­no Ma­ro­ga is ook as bes­te mans­by­spe­ler ver­eer vir sy ver­tol­king hier­in.

Hip-hop het die kalk­lig op die Ka­roo­fees ge­steel deur­dat Rym­klets van Oos tot Wes met ’n Kan­na vir bes­te mu­siek­pro­duk­sie be­kroon is. Die pro­duk­sie het die land se bes­te hip-hop­pers by­een­ge­bring, waar­on­der Ear­ly B (pas met ’n G­hoe­ma be­kroon), He­melBe­sem, Yo­ma en Die Hoof­lig.

Gi­de­on Lom­bard het die Kan­na as bes­te ak­teur ont­vang vir sy ver­tol­king van ’n seun in die so­lo­ver­to­ning Die reuk van ap­pels. Die ver­hoog­ver­wer­king van Mark Behr se ge­lyk­na­mi­ge ro­man het ge­ho­re aan­ge­gryp.

San­dra Prins­loo se ver­tol­king van ’n be­jaar­de vrou in ’n rol­stoel in Chris Bar­nard se Pa, maak vir my ’n vlie­ër, Pa, het aan haar ’n Kan­na as bes­te vrou­e­by­spe­ler be­sorg. Dit is deur Al­bert Ma­ritz ge­re­gis­seer.

Die jong dra­ma­turg Re­tief S­choltz se dra­ma Dop is uit­ge­son­der vir bes­te nuut­ge­skre­we teks. Daar­in kom die ont­go­ge­ling van ’n wit, mid­del­ja­ri­ge, A­fri­kaan­se man wat sy le­we lank op die S­poor­weë ge­werk het on­der die loep.

Die Kan­na vir die bes­te by­drae tot vi­su­e­le kuns gaan aan Ronél de Ja­ger vir haar mul­ti­me­di­a­ten­toon­stel­ling Broei­grond: Fer­ti­le Ground for Gol­den Re­grets. Daar­in be­sin De Ja­ger in tref­fen­de fo­to­beel­de en skil­de­rye van flo­ra oor die band tus­sen ge­heue en land­skap. Sy be­lig die kwes­ba­re Karoo-flo­ra en teen die ag­ter­grond van hi­dro­bre­king ver­kry die ten­toon­stel­ling ’n dwin­gen­de in­slag.

Buhle N­ga­ba is as bes­te op­ko­men­de kuns­te­naar uit­ge­son­der vir haar teks en spel in die Uit­kamp­te­a­ter­stuk The S­wan Song, wat han­del oor die deur­gangs­ri­te van ’n jong vrou.

Dit is ook as die bes­te aan­bie­ding van die Uit­kamp­te­a­ter ver­eer.

Die bes­te kin­der­te­a­ter­aan­bie­ding is die nie­ver­ba­le stuk In die woud waar na­tuur­li­ke klan­ke in die sto­rie ver­weef word om ’n droom­wê­reld te skep. Dit is aan­ge­bied deur Jur­gen M­cE­wan, Ca­leb Pe­ter en Kurt Jo­nas. Die re­gis­seur was C­he­nal Kock.

Die KKNK word vol­gen­de jaar van 29 Maart tot 4 A­pril aan­ge­bied.

’n To­neel uit die pro­duk­sie Karoo Moo­se, wat drie Kan­nas ge­wen het. Fo­to: HANS VAN DER VEEN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.