Ma­dumo sing Tos­ca in vol­leng­te pro­duk­sie

Beeld - - Kuns & Vermaak - El­re­tha B­ritz

O­pe­ra­lief­heb­bers in Gau­teng kan hul ve­re reg­skud vir ’n vol­leng­te o­pe­ra­pro­duk­sie van Tos­ca, wat saam met Ma­da­ma But­terf­ly en La bo­hè­me as Puc­ci­ni se drie ge­wild­ste o­pe­ras be­stem­pel word. Dit is in Tos­ca dat die groot a­ri­as “Vis­si d’ar­te” en “E lu­ce­van le stel­le” ge­hoor word.

Die P­re­to­ria-sim­fo­nie­or­kes sal van­dees­week on­der die stok van Ger­ben Groo­ten in die or­kes­bak van die S­taats­te­a­ter wees en van die be­kend­ste san­gers in Gau­teng op die ver­hoog.

Lo­ve­li­ne Ma­dumo, ’n ge­lief­de so­praan in dié ge­wes­te, is in die uit­da­gen­de rol van Flo­ria Tos­ca. Die te­noor Mar­kus Ahme sing haar min­naar, Ma­rio Ca­va­ra­dos­si, en Chris­ti­aan Sny­man die an­ta­go­nis-ba­ri­ton­rol van S­car­pia.

T­ha­bang Se­ne­kal, ’n oud-Vry­sta­ter wat ja­re al ’n o­pe­ra­san­ger in Gau­teng is, ver­tolk die sa­kris­tein, die te­noor Chris Mos­tert sing S­po­let­ta en die ba­ri­ton Rex Ni­gri­ni sal as S­ci­a­ron­ne en die tronk­be­waar­der ver­skyn.

Groo­ten het die Ma­ga­lies­berg­se Kin­der­koor en die Ar­mo­ni­a­te­a­ter­koor saam­ge­voeg vir die koor­de­le en die do­sen­te en stu­den­te van die Tshwa­ne U­ni­ver­si­teit vir Teg­no­lo­gie (TUT) vir die teg­nie­se hulp ge­na­der.

Tos­ca o­pen met ’n to­neel waar­in Ca­va­ra­dos­si aan ’n skil­de­ry in die ka­te­draal Sant’And­rea del­la Val­le werk en waar An­ge­lot­ti skuil na­dat hy uit die tronk ont­snap het.

Op soek na An­ge­lot­ti, loop die po­li­sie­hoof S­car­pia hom vas in Tos­ca en stuur haar met ’n vals be­rig na Ca­va­ra­dos­si se huis. Die po­li­sie volg haar en keer hom aan. Wan­neer Ca­va­ra­dos­si sy vreug­de toon oor die nuus dat Na­po­le­on op die slag­veld ge­se­ë­vier het, gee S­car­pia hom ’n doods­von­nis.

In ’n po­ging om haar min­naar te red, bied Tos­ca haar le­we in ruil vir sy­ne aan. S­car­pia, wat ook op Tos­ca ver­lief is, wil aan haar raak, maar sy steek hom dood. Tos­ca hard­loop dan na Ca­va­ra­dos­si in die tronk, maar die vuur­pe­lo­ton voer hul be­ve­le uit en skiet hom dood. Voor­dat die po­li­sie Tos­ca vir die moord op S­car­pia kan aan­keer, spring sy na haar dood. ■ Tos­ca word van 21 tot 28 Mei om 20:00 in die S­taats­te­a­ter in P­re­to­ria op­ge­voer. Kaar­tjies kos van R100 tot R180 by Com­pu­tic­ket.

Lo­ve­li­ne Ma­dumo ver­tolk Tos­ca in die ge­lyk­na­mi­ge o­pe­ra in die S­taats­te­a­ter in P­re­to­ria. Dit o­pen op 21 Mei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.