Pos­te by Am­sa in ge­drang

Van­der­bijl kan ook ge­raak word

Beeld - - Sake - El­vi­ra Wood

Ar­cel­orMit­tal Suid-A­fri­ka (Am­sa) sê hy sal drin­gend oor pro­duk­sie­vlak­ke in ver­al sy aan­leg­te in Ne­w­cas­t­le en Sal­dan­ha moet be­sin. As hy be­sluit om sy be­dry­wig­he­de wel af te skaal, kan dit be­te­ken dat pos­te af­ge­skaf sal moet word.

“Ons ont­vang tans geen be­sker­ming in die vorm van ta­rie­we vir lang­staal­pro­duk­te wat in Ne­w­cas­t­le ver­vaar­dig word soos wat die ge­val is met warm­ge­wals­te staal­pro­duk­te nie,” het Wim de K­lerk, uit­voe­ren­de hoof van Am­sa, gis­ter ge­sê.

“Die kom­bi­na­sie van goed­koop in­voer en ’n klei­ner vraag van­uit die plaas­li­ke sek­tor be­te­ken ons kan nie al­les wat ons daar ver­vaar­dig, ver­koop nie.

“Ons het reeds ver­le­de week in ’n Sens-ver­kla­ring ge­waar­sku dat ons die toe­koms van be­dry­wig­he­de by dié aan­leg moet her­oor­weeg,” sê De K­lerk.

’n Aan­leg kan nie net min­der pro­duk­te le­wer son­der om ba­sie­se in­fra­struk­tuur, wat ar­beid in­sluit, ook af te skaal nie, sê hy.

Hy hoop Am­sa sal teen 1 Ju­nie ’n plan vir die me­di­um- so­wel Wim de K­lerk, uit­voe­ren­de hoof van Ar­cel­orMit­tal Suid­A­fri­ka. as die lang ter­myn vir dié aan­leg kan fi­na­li­seer.

So­wat 2 800 wer­kers werk in sy aan­leg in Ne­w­cas­t­le en dit sluit kon­trak­wer­kers uit.

Wat Sal­dan­ha be­tref, sal daar voor die win­ter oor sy be­dry­wig­he­de be­sluit moet word.

“In die win­ter is ons E­s­ko­me­lek­tri­si­teits­re­ke­ning on­ge­veer 34% van ons uit­ga­wes. Ons kan nie die hoë ta­rie­we be­kos­tig nie, ver­al aan­ge­sien E­s­kom tans ’n oor­maat ka­pa­si­teit het,” sê hy.

De K­lerk sê Am­sa is reeds be­sig om met E­s­kom oor spe­si­a­le ta­rie­we te on­der­han­del. Die voor­ge­stel­de ta­rie­we is reeds aan die Na­si­o­na­le E­ner­gie­re­gu­leer­der (Ner­sa) voor­ge­lê. Die ge­sprek­ke met E­s­kom was po­si­tief en hul­le is hoop­vol dat Ner­sa die voor­stel­le sal goed­keur.

“As ons ons pro­duk­sie moet af­skaal, sal E­s­kom dit de­fi­ni­tief ook aan sy sak voel,” sê hy.

Am­sa het on­ge­veer 600 wer­kers by Sal­dan­ha. Dit sluit kon­trak­wer­kers uit.

De K­lerk waar­sku dat sy aan­leg in Van­der­bijl­park, wat hoof­saak­lik warm­ge­wals­te staal ver­vaar­dig, nie vry­ge­stel is van moont­li­ke in­kor­tings nie.

“Dit maak nie saak van wat­ter aan­leg ons praat nie. Sou ons be­sluit om pos­te va­kant te maak, sal dit in al drie ge­val­le ’n mas­sie­we uit­wer­king op die ge­meen­skap hê.”

Am­sa sê hy ver­wel­kom die staat se aan­soek by die Wê­reld­han­dels­or­ga­ni­sa­sie om ’n nood­ta­rief vir warm­ge­wals­te staal in te stel.

Die ta­rief sal vir drie jaar geld en van 1 Ju­lie van krag wees. Dit be­hels ’n 12%-in­voer­ta­rief in die eer­ste jaar. Dit sal in die twee­de jaar tot 10% daal en tot 8% in die der­de jaar, en be­ne­wens die hui­di­ge 10%-in­voer­ta­rief op se­ke­re staal­pro­duk­te ge­hef word.

“Ont­hou, Am­sa is vol­ko­me van die af­stroom-staalbedryf in Suid-A­fri­ka af­hank­lik. Die eer­ste par­ty wat sal on­der­gaan as die af­stroom-be­dryf nie meer kop bo wa­ter kan hou nie, is Am­sa. Dit is van kar­di­na­le be­lang dat ons saam met die staat en al­le be­lang­heb­ben­des werk om die staalbedryf te be­skerm,” sê De K­lerk.

“Die ta­rie­we be­te­ken nie dat Am­sa nou sy staal­pry­se kan ver­hoog nie. Ons moet aan streng re­gu­la­sies vol­doen en pry­se vol­gens ’n in­ter­na­si­o­na­le mand­jie pro­duk­te vas­stel.

“Ek kan in elk ge­val nie sien hoe Am­sa dit tans, met die sterk rand teen­oor die dol­lar, kan be­kos­tig om sy pry­se e­nig­sins aan te pas nie, selfs al maak die ta­rie­we dit moont­lik.”

Fo­to: EL­VI­RA WOOD

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.