Vo­da­com kry 3 mil­joen kli­ën­te in Suid­A­fri­ka by

Beeld - - Sake - – Nel­lie Brand­Jon­ker

’n Tak van Vo­da­com by die Kaap­stad In­ter­na­si­o­na­le Lug­ha­we. Dit is groot­liks die 3 mil­joen of 8,6% meer kli­ën­te wat Vo­da­com in die af­ge­lo­pe boek­jaar tot ein­de Maart in Suid­A­fri­ka ge­kry het wat sy in­kom­ste help ver­hoog het. In Suid­A­fri­ka het sy in­kom­ste uit diens­te met 5,6% tot R52 mil­jard ge­styg.

Vo­da­com het nou 37,1 mil­joen kli­ën­te. Van hul­le is 32 mil­joen voor­uit­be­taal­de ge­brui­kers wat met 9% ge­styg het ná die goeie Just 4 You­aan­bod, die be­kend­stel­ling van pro­duk­te wat op die jeug ge­rig is en ’n baie be­moe­di­gen­de be­mar­kings­veld­tog in die so­mer. In die af­ge­lo­pe boek­jaar is 218 000 men­se ook op kon­trak by­ge­voeg.

S­ha­meel Joosub, uit­voe­ren­de hoof van die Vo­da­com­groep, sê in ge­heel is die groei in in­kom­ste uit Suid­A­fri­ka teen­ge­werk deur sy in­ter­na­si­o­na­le be­dry­wig­he­de wat nie so goed ge­vaar het nie. Daar het die in­kom­ste uit diens­te ge­le­wer met 5,6% ge­daal.

In­slui­ten­de in­ter­na­si­o­na­le in­kom­ste het die groep se to­ta­le in­kom­ste maar net met 2,3% ge­styg.

“Die vol­ge­houe vraag na da­ta is een van die groot aan­dry­wers van groei, met ak­tie­we da­ta­ge­bruik wat met 8,3% in Suid­A­fri­ka ge­styg het en met 29% in ons bui­te­land­se be­dry­wig­he­de,” sê hy.

Sy to­ta­le in­kom­ste in Suid­A­fri­ka, in­slui­tend toe­stel­le wat ver­koop is, het net met 3,9% tot R64,7 mil­jard ge­styg. In ge­heel is die groei in sy in­kom­ste in Suid­A­fri­ka be­perk om­dat die in­kom­ste uit die toe­rus­ting wat ver­koop word met 4% ge­daal het. Die min­der toe­rus­ting wat ver­koop is, is groot­liks om­dat pry­se be­ïn­vloed is deur die rand se swak ver­to­ning teen­oor die dol­lar en eu­ro vir die groot­ste deel van die boek­jaar.

Joosub sê in die boek­jaar is

1,5 mil­joen saam­ge­bon­del­de pro­duk­te ge­koop wat ’n ver­ho­ging van 34% is ver­ge­le­ke met die vo­ri­ge jaar. Dit het hul­le in staat ge­stel om die prak­tie­se prys per mi­nuut van op­roe­pe met 14,3% te ver­laag. Die in­kom­ste uit da­ta in Suid­A­fri­ka het met am­per 20% tot R20,6 mil­jard ge­styg. Dit maak nou 39,7% van die in­kom­ste uit diens­te uit.

Die groep se be­dryfs­wins het met 3,3% tot R21,7 mil­jard ge­styg. Dit is groot­lik­se weens sterk groei in SuidA­fri­ka, want sy in­ter­na­si­o­na­le be­dryfs­wins het ge­daal. Be­dryfs­wins­mar­ge het ef­fens van 26,3% tot 26,8% ge­styg.

Fo­to: VER­SKAF

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.