BHP Bil­li­ton verander naam

Beeld - - Sake -

Die Aus­tra­lie­se myn­reus BHP Bil­li­ton sal voort­aan weer net as BHP be­kend staan.

Die maat­skap­py, wat

16 jaar ge­le­de met die SuidA­fri­kaan­se Bil­li­ton saam­ge­smelt het om die wê­reld se groot­ste myn­maat­skap­py te vorm, sê dit vorm deel van sy plan­ne om sy kor­po­ra­tie­we struk­tuur te ver­een­vou­dig. Die maat­skap­py se naam was oor­spronk­lik Bro­ken Hill Proprieta­ry.

Die maat­skap­py, wat in 25 lan­de be­dry­wig is, sal sy no­te­rings in Aus­tra­lië so­wel as Lon­den be­hou.

Die maat­skap­py be­stee ’n aan­vank­li­ke A$10 mil­joen om die naams­ver­an­de­ring te ad­ver­teer.

Toe BHP in Ju­nie 2001 met Bil­li­ton saam­ge­smelt het, het dit ’n maat­skap­py met ’n mark­waar­de van so­wat $38 mil­jard ge­skep.

Die maat­skap­py het eg­ter in 2015 van die mees­te van sy ba­tes ont­slae ge­raak en die nu­we South32 ge­skep wat af­son­der­lik op die JSE ge­no­teer is. Hoe­wel oor­spronk­lik dik­wels na South32 ver­wys is as ’n sa­me­stel­ling van ba­tes wat BHP Bil­li­ton nie meer wou hê nie, het hy se­dert sy skep­ping dik­wels be­ter as die ou­er maat­skap­py ge­vaar.

BHP fo­kus dees­dae ver­al ook op o­lie.

BHP het gis­ter teen A$23,82 per aan­deel in Aus­tra­lië ver­han­del en het tans ’n mark­waar­de van A$119 mil­jard.

South32 ver­han­del teen R26,25 op die JSE en het ’n mark­waar­de van R140 mil­jard. – Bloom­berg

Die maat­skap­py be­stee ’n aan­vank­li­ke A$10 mil­joen om die naams­ver­an­de­ring te ad­ver­teer.

Só gaan BHP se nu­we em­bleem lyk.

Fo­to: REU­TERS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.