Lon­min: Be­stuur skuif na Ma­ri­ka­na

Beeld - - Sakenuus - El­vi­ra Wood

Lon­min gaan sy hoof­kan­toor van Jo­han­nes­burg na die Ma­ri­ka­na-myn skuif om kos­te te sny, het dié maat­skap­py by die be­kend­stel­ling van sy half­jaar­re­sul­ta­te tot ein­de Maart be­kend ge­maak.

Ben Ma­ga­ra, uit­voe­ren­de hoof, sê dit is waar hul­le werk en myn en dat die skuif die maat­skap­py “mil­joe­ne ran­de sal be­spaar”, maar die hoof­doel is om die be­stuur na­der aan die werk­front te bring.

Lon­min het swaar ge­trek in die half­jaar tot ein­de Maart met ’n be­dryfs­ver­lies van $181 mil­joen. Dit sluit ’n waar­de­da­lings­kos­te van $146 mil­joen in. Dié da­ling is weens “ons ver­an­de­ring in voor­uit­sig­te op een­heids­kos­te ge­kom­bi­neer met die ver­ster­king van die rand teen­oor die dol­lar”, sê die maat­skap­py in ’n Sens-ver­kla­ring.

Son­der dié kos­te was die be­dryfs­ver­lies $35 mil­joen teen­oor ’n be­dryfs­ver­lies van $15 mil­joen vir die oor­een­stem­men­de tyd­perk.

Hy het ver­der 387 000 ton erts in die half­jaar ver­werk wat 7,6% min­der is as die oor­een­stem­men­de tyd­perk in 2016. Hy het 47 624 on­se pla­ti­num­groep­me­ta­le (PGM) ge­le­wer wat 13,7% min­der was as in die eer­ste helf­te van 2016.

Boon­op het sy kos­te per een­heid tot R12 059 per ons van die PGM ge­styg. Die maat­skap­py ver­wag een­heids­kos­te sal van­jaar tus­sen R11 300 en R11 800 per ons van PGM wees, wat ho­ër is as die R10 800 tot R11 300 wat hy voor­spel het.

Lon­min se in­kom­ste was 6% la­er op $486 mil­joen en sy net­to kon­tant­ba­lans is 34% la­er op $75 mil­joen teen­oor ’n jaar ge­le­de. Hy het geen ver­dien­ste voor ren­te, be­las­ting, waar­de­ver­min­de­ring en a­mor­ti­sa­sie (e­bit­da) ge­le­wer nie.

Ma­ga­ra sê die een ding waar­op die myn nie af­skaal nie, is sy be­hui­sings­pro­jek­te.

Hul­le het voor­heen ge­sê 2 684 woon­een­he­de is se­dert 2012 ge­bou en nog 11 000 word be­plan.

Oor hul pres­ta­sie die af­ge­lo­pe half­jaar het Ma­ga­ra er­ken hul­le kan be­ter doen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.