EOH se stig­ter sit sy re­ke­naar af

Beeld - - Sakenuus - – Fin24

As­her Bo­hbot, EOH se stig­ter en uit­voe­ren­de hoof, gaan ein­de Ju­nie uit­tree ná 19 jaar aan die stuur van dié ver­skaf­fer van in­lig­tings­teg­no­lo­gie­diens­te.

Dit is deel van ’n gro­ter skom­me­ling van die di­rek­sie en op­volg­be­plan­nings­pro­ses van die maat­skap­py se lei­ers­korps, het EOH gis­ter op Sens, die JSE se nuus­diens, ge­sê.

Zu­naid May­et, wat voor­heen uit­voe­ren­de hoof van EOH In­dus­tri­al Techno­lo­gies was, sal by Bo­hbot oor­neem.

Vol­gens die ver­kla­ring gaan Bo­hbot sab­bats­ver­lof van ses maan­de neem en in dié tyd ’n raad­ge­wer wees.

Daar­na sal hy as nie-uit­voe­ren­de As­her Bo­hbot

di­rek­teur in die di­rek­sie dien.

An­der ver­an­de­rin­ge is dat die uit­voe­ren­de hoof­de van EOH se be­dryfs­af­de­lings al­mal uit­voe­ren­de di­rek­teu­re van die groep word. Vyf nu­we uit­voe­ren­de di­rek­teu­re is aan­ge­stel, van wie vier uit­voe­ren­de hoof­de van die maat­skap­py se be­dryfs­af­de­lings is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.