Leyds straks op nr. 10 vir S­tor­mers

Beeld - - Sport - S­te­phen Nell

Die S­tor­mers se af­rig­ter, Rob­bie F­leck, gaan waar­skyn­lik met Dil­lyn Leyds as sy los­ska­kel waag in Vry­dag se Su­per­rug­by-wed­stryd teen die Blu­es op Nu­we­land.

F­leck oor­weeg dié skuif na­dat Ro­bert du P­reez in die S­tor­mers se laas­te wed­stryd teen die Hur­ri­ca­nes ’n bors­spier ge­skeur het. Je­anLuc du P­les­sis en Kurt Co­le­man is ook be­seer, ter­wyl Da­mi­an Wil­lem­se op na­si­o­na­le diens is met die SA o.20-span.

Nou staan F­leck voor ’n keu­se: ’n O­ner­va­re los­ska­kel in Brandon T­homp­son of om in­no­ve­rend te dink.

“Ons het vir Dil­lyn, Brandon en ook Joe Pie­ter­sen wat saam met ons oe­fen. Dil­lyn is tot dus­ver die lang­ste saam met ons en het ook op ons toer van Nieu-See­land op los­ska­kel in­ge­staan.

“Hy het vir die groot­ste deel van die wed­stryd teen die Hur­ri­ca­nes daar ge­speel en ons het met hom daar te­rug­ba­klei om die tel­ling 2222 te maak,” het F­leck gis­ter by die S­tor­mers se oe­fen­ba­sis in Bell­vil­le ge­sê.

F­leck het ook daar­op ge­wys dat Leyds op skool los­ska­kel ge­speel het en ’n goeie spel­skep­per is. Die be­kom­mer­nis is meer die leem­te wat Leyds in die ag­ter­ste drie­hoek gaan laat.

Hy het op heel­ag­ter en vleu­el al baie goed ge­vaar in van­jaar se Su­per­reeks.

Leyds se deug­de as moont­li­ke los­ska­kel is vir ’n paar sei­soe­ne al ’n ge­spreks­punt in die Moe­der­stad, maar ’n po­si­si­o­ne­le skuif op dié vlak is ui­ter­aard ’n ri­si­ko wat ver­al teen ’n Nieu-See­land­se teen­stan­der kan boe­me­rang.

Daar­mee wag daar taai be­slui­te in an­der po­si­sies in die ag­ter­lyn nou dat die S­pring­bok-sen­ter­paar van Da­mi­an de Al­len­de en Ju­an de Jongh fiks is.

De Al­len­de sal waar­skyn­lik be­gin, maar F­leck het ge­skimp dat EW Vil­joen dalk sy plek op bui­te­sen­ter kan be­hou eer­der as wat De Jongh in die be­gin­span in­stap.

“EW gaan nou hard moet werk om sy plek te be­hou. Ju­an sal ook nie som­mer net so in die span in­stap nie. Hy moet hard druk vir sy plek en hard oe­fen,” sê F­leck.

“Die jong spe­lers wat moes in­staan toe daar be­se­rings was, het baie goed ge­vaar. Ons het nou groot na­me wat te­rug­keer en die tyds­be­re­ke­ning is per­fek.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.