C­hee­tahs: Lak – of kry groot pak teen ’Ca­nes

Beeld - - Sport -

Maak nou se­ker met jul eer­ste duik­slae.

Dit is straks die op­drag aan die C­hee­tahs aan die voor­aand van hul wed­stryd teen die groot­ste drie­ë­vra­te in die Su­per­rug­by-reeks.

Die C­hee­tahs pak die Hur­ri­ca­nes, die pas­aan­ge­ërs met 63 drieë in van­jaar se kom­pe­ti­sie, Sa­ter­dag in Wel­ling­ton.

Dié Ki­wi-span spog boon­op met die twee voor­ste drie­druk­kers in die reeks, die sen­ter N­ga­ni Lau­ma­pe met 11 drieë en die vleu­el Vin­ce Aso met tien.

S­ta­tis­tie­ke toon die C­hee­tahs het dié sei­soen reeds 301 duik­slae ge­mis en dat die 56 drieë wat hul­le tot dus­ver af­ge­staan het ook die mees­te in die reeks is.

Fran­cois Ven­ter, die C­hee­tahs se kap­tein en sen­ter, er­ken dat in­di­vi­du­e­le duik­slae tot dus­ver ’n groot pro­bleem was en dat hul­le dit nie Sa­ter­dag teen die kam­pi­oen­span kan be­kos­tig nie.

“Ons ver­de­di­ging het ons ge­kos teen die Blu­es, soos dit ons die he­le sei­soen al kos.

“Ek weet nie of ons iets an­ders moet doen nie, want dit is die een af­de­ling van ons spel waar­aan ons baie aan­dag gee.

“Ons sal ma­nie­re moet kry waar­op ons op die ver­de­di­ging kan ver­be­ter,” sê Ven­ter.

Vol­gens Ven­ter sal die dis­si­pli­ne ook ge­ta­kel word ná die rits straf­skop­pe wat hul­le Vry­dag op E­den Park af­ge­staan het.

“Teen die Blu­es was dit ook ’n pro­bleem, maar ek dink nie dit is so groot dat ons daar­oor wak­ker hoef te lê nie. Dit is iets wat ons as spe­lers be­spreek het en el­ke s­pe­ler sal ver­ant­woor­de­lik­heid daar­voor moet aan­vaar.”

Ven­ter het sy en­kel be­seer, maar be­hoort Sa­ter­dag op sy pos te wees.

Die vleu­el Ray­mond R­hu­le sal van­dees­week die har­sing­skud­ding­pro­to­kol volg. Hy was die e­nig­ste s­pe­ler wat nie gis­ter ge­oe­fen het nie.

In­tus­sen het die plaas­ver­van­ger­ha­ker E­land­ré Hug­gett – wat twee drieë teen die Blu­es ge­druk het – sy goeie ver­to­ning aan die agt­tal toe­ge­skryf. “Dit was my eer­ste Su­per­rug­by­drieë, maar ek het eint­lik net die bal ag­ter die doel­lyn ge­plant. Dit was ’n drie waar­voor die he­le agt­tal k­re­diet ver­dien,” sê die be­skeie Hug­gett.

Hy sê die on­der­steu­ning van sy span­maats laat hom toe om met gro­ter self­ver­troue te speel. Sy in­klim­spel het niks te doen met die kri­tiek wat die laas­te tyd oor die C­hee­tahs se plaas­ver­van­gers uit­ge­spreek is nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.