Kings son­der twee bie­lies teen Brum­bies

Beeld - - Sport - Mi­cha­el G­reen

Die Sout­hern Kings pak die Brum­bies Sa­ter­dag­aand in Port E­li­za­beth son­der twee van hul mees di­na­mie­se spe­lers.

Die bal­jag­ter Chris Cloe­te en die aan­val­len­de heel­ag­ter Ma­sixo­le Ban­da suk­kel al­bei met be­se­rings en sal nie teen die Aus­tra­li­ërs kan speel nie.

Cloe­te het har­sing­skud­ding op­ge­doen in die Kings se se­ge die af­ge­lo­pe na­week oor die Haaie. Ban­da, wat vroe­ër met ’n seer lin­ker­dyspier ge­suk­kel het, het sy reg­ter­dyspier in die wed­stryd be­seer.

Ru­aan Lerm het van sy en­kel­be­se­ring her­stel en kan te­rug­keer as agt­ste­man teen die Brum­bies. As dit ge­beur, sal An­di­sa Nt­si­la, hui­di­ge agt­ste­man, na flank skuif in Cloe­te se plek.

Op heel­ag­ter kan die Na­mi­bi­ër Chrys­an­der Bo­tha ge­kies word. Mal­colm Ja­er suk­kel nog met ’n dy­spier­be­se­ring en kan nie oor­weeg word nie.

Nog ’n kan­di­daat, Jo­hann Tromp, is Sa­ter­dag in die OPKings se Su­perS­port-uit­daag­wed­stryd teen die G­rens van die veld ge­dra. Hy het ook har­sing­skud­ding op­ge­doen en sal ’n tyd­jie moet uit­sit.

In die­self­de wed­stryd het N­ta­be­ni Du­ki­sa vir die G­rens-Bul­l­dogs heel­ag­ter ge­speel. Hy het een van die Bul­l­dogs, wat met 2017 ge­wen het, se drieë ge­druk.

Bo­tha se gro­ter in­ter­na­si­o­na­le er­va­ring kan wel die skaal dalk in sy guns laat swaai.

Ge­oor­deel aan die Kings se oe­fe­ning gis­ter sal daar nie som­mer an­der ver­an­de­rin­ge wees nie.

Als­haun Bock kan ná sy skit­ter­ver­to­ning teen die Haaie sy plek as reg­ter­vleu­el be­hou. Hy was ’n laat plaas­ver­van­ger vir Wan­di­le M­je­ke­vu (lies­ont­ste­king).

Daar was gis­ter­og­gend goeie nuus vir die Kings se vas­kop­stut Ross Gel­den­huys. ’n Tug­ko­mi­tee van San­zar het be­sluit daar gaan nie ver­der teen hom op­ge­tree word nie na­dat hy teen die Haaie ’n der­de geel­kaart dié sei­soen ge­kry het.

Die los­voor­spe­ler CJ Vel­le­man, wat on­langs sy knie seer­ge­maak het, moet eg­ter weer ’n o­pe­ra­sie on­der­gaan. Sy sei­soen is ver­by.

Bo­tha

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.