V­lie­ën­de Lu­vo ‘nog nie op sy bes­te’

Beeld - - Sport - Wim P­re­to­ri­us

Wan­neer die at­leet wat jy af­rig al­le ver­wag­tin­ge oor­tref en sy oe­fen­pro­gram nog nie eens na­by aan sy hoog­te­punt ge­kom het nie, is dit se­ker­lik ver­skoon­baar as Neil Cor­ne­li­us tans met ’n groot glim­lag langs die at­le­tiek­baan rond­stap.

Cor­ne­li­us, wat die v­lie­ën­de ver­sprin­ger Lu­vo Ma­nyon­ga af­rig, se hart klop reeds van trots wan­neer hy hom net in­dink wat dié 26-ja­ri­ge ver­sprin­ger nog van­jaar kan be­reik.

“Dit maak my ge­wel­dig op­ge­won­de,” het die Tuks-af­rig­ter gis­ter ge­sê.

“Dit is on­ge­loof­lik en ek sien reeds uit na wat hy by die Wê­reld­kam­pi­oen­skap sal kan ver­mag.”

Die Wê­reld­by­een­koms vind in Au­gus­tus in Lon­den plaas.

Ma­nyon­ga het Sa­ter­dag by die Di­a­mant­li­ga-by­een­koms in S­jan­ghai drie uit­ste­ken­de spron­ge op­ge­dis.

Hy het met sy eer­ste sprong van 8.48 m die by­een­koms­re­kord ver­be­ter, maar nie daar briek aan­ge­draai nie. Met sy twee­de suk­ses­vol­le sprong het hy 8.49 m ge­spring, maar ge­wys dat hy een is wat sy bes­te vir laas­te kan los.

“Lu­vo het voor sy laas­te sprong ge­glim­lag. Net daar het ek ge­weet sy bes­te sprong van die dag sou volg.”

En soos Cor­ne­li­us ver­wag het, het hy met ’n ys­li­ke po­ging van 8.61 m vo­ren­dag ge­kom en die by­een­koms in die eer­ste plek af­ge­sluit. Gao Xing­long van C­hi­na het die sil­wer­me­dal­je ver­o­wer. Gao se bes­te sprong was ’n vol­le 39 cm s­wak­ker as Ma­nyon­ga s’n.

“Lu­vo het my nou al ge­wys ek moet hom net ver­trou. As hy sê dat al­les in die haak is, dan weet ek dat ek hom moet glo. Sy self­ver­troue is iets wat baie by die Wê­reld­kam­pi­oen­skap kan be­te­ken.”

Wat Ma­nyon­ga se uit­slae van­jaar selfs meer in­druk­wek­kend maak, is dat hy nog nie eens op die teg­nie­se as­pek­te van sy oe­fen­pro­gram be­gin fo­kus het nie.

“Ons het nog net die ba­sie­se goed soos spoed ge­doen en sal bin­ne die vol­gen­de paar we­ke sy pro­gram na die vol­gen­de stap neem.

“Ek kan nie wag vir die Wê­reld­by­een­koms nie.”

Ma­nyon­ga sal op 8 Ju­nie in Ro­me weer sy slag wys in die Di­a­mant­li­ga-reeks.

Fo­to: GETTY

Lu­vo Ma­nyon­ga

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.