Lou­is glim­lag, al bly suk­ses in VSA ont­wyk

Beeld - - Sport - Ma­ri­zan­ne Kok

Steeds bly ’n se­ge op A­me­ri­kaan­se bo­dem Lou­is Oost­hui­zen ont­wyk.

Die 34-ja­ri­ge Suid-Kaap­se gholf­spe­ler het eer­gis­ter op die TPC Sa­w­grass-baan in Pon­te Ve­dra Be­ach, Flo­ri­da, sy twee­de top3-uit­slag van die jaar be­haal, toe hy ge­sa­ment­lik twee­de in die PGA-reeks se S­pe­lers­kam­pi­oen­skap ge­ein­dig het.

Oost­hui­zen het drie houe ag­ter Si Woo Kim (21) van Suid-Ko­rea ge­ëin­dig, ná twee ron­des van 73 (+1) in die na­week. Kim het die laas­te ron­de in 69 houe vol­tooi.

Dit was die vyf­de keer dat Oost­hui­zen twee­de in ’n toer­nooi in die VSA ge­ëin­dig het.

In 2012 was hy die naas­wen­ner in die A­me­ri­kaan­se Mees­ters­toer­nooi en die Deut­sche Bank-kam­pi­oen­skap, in 2015 was hy twee­de in die A­me­ri­kaan­se Ope en in 2016 het hy in die eind­stryd van die Del­l­put­jie­spel­toer­nooi teen Ja­son Day ver­loor.

Sy e­nig­ste PGA-se­ge was in 2010 in die B­rit­se Ope in S­kot­land.

“Ek sou graag har­der wou druk teen die ein­de, maar dis nie i­de­aal om vier houe ag­ter met vier put­jies oor te wees nie,” het Oost­hui­zen aan ESPN ge­sê.

“Dit was ’n goeie week en ek het goed ge­speel. Van­dag (Son­dag) was ek net nie op my bes­te nie. Maar ek is bly oor die twee­de plek.”

Oost­hui­zen het wip­plank ge­ry in die laas­te ron­de.

Hy was ’n hou ag­ter aan die be­gin van die dag, ná drie put­jies voor in die tou, maar ’n dub­be­le brou­hou op die vier­de put­jie het hom ’n nek­slag toe­ge­dien waar­van hy nie her­stel het nie.

’n A­rend op die 11de het die son vir ’n ruk­kie op hom laat skyn, maar voor dit het hy nog ’n brou­hou op die ne­gen­de aan­ge­te­ken. Nog brou­houe op die 13de en 14de het hom fi­naal ge­kel­der.

Hy het wel van die 30ste po­si­sie op die wê­reld­rang­lys tot 18de op­ge­skuif en is nou weer die land se naas­bes­te s­pe­ler op dié lys.

C­harl S­chwart­zel, wat die af­sny­punt by Sa­w­grass ge­mis het, is 17de en Bran­den Gra­ce 24ste.

Vir die En­gels­man Ian Poul­ter, wat saam met Oost­hui­zen twee­de ge­ëin­dig het ná ’n ron­de van 71, was sy ver­to­ning meer as waar­van hy ’n paar we­ke ge­le­de ge­droom het.

Poul­ter is in A­pril mee­ge­deel dat hy sy spe­lers­reg­te in die PGA-reeks ver­loor het. Hy het ver­le­de jaar sy voet be­seer en was daar­mee op­ge­saal om in 10 toer­nooie ’n se­ke­re aan­tal Fe­dEx­be­ker-pun­te óf ge­noeg prys­geld te ver­dien om sy spe­ler­sta­tus te be­hou.

’n T­jek vir $1,25 mil­joen en ’n ver­be­te­ring van 115 plek­ke op die wê­reld­rang­lys, tot 80ste, het hom weer sy sta­tus in die PGA-reeks ver­leen.

Lou­is Oost­hui­zen eer­gis­ter ty­dens die laas­te ron­de van die PGA­reeks se S­pe­lers­kam­pi­oen­skap. Fo­to: USA TODAY SPORTS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.