Nie die ein­de van die wê­reld

Beeld - - Sport - S­te­phen Nell Laag­vat

Ter­wyl die moont­lik­heid van ’n ver­lies aan ’n Su­per­rug­by-fran­chi­se ’n vrees­aan­ja­en­de voor­uit­sig is, wys die ge­skie­de­nis dat dit al­les­be­hal­we die ein­de van die wê­reld hoef te wees.

In­teen­deel, die wel­slae by die S­tor­mers en We­s­te­li­ke Pro­vin­sie in die laat 1990’s en vroeë 2000’s was deels te dan­ke aan die feit dat die WP in 1996 bui­te die voor­ste vier span­ne in die Cur­rie­be­ker­reeks ge­ëin­dig het.

Ge­volg­lik het hul­le nie in 1997 se Su­per­reeks ge­speel nie. Die WP het die ge­leent­heid aan­ge­gryp om on­der Har­ry Vil­joen se af­rig­ting as’t wa­re van voor te be­gin in die des­tyd­se Nag­reeks, wat ’n sei­soen la­ter deur die Vo­da­com­be­ker-reeks ver­vang sou word.

La­ter in die sei­soen het die S­treep­truie ook die Cur­rie­be­ker ver­o­wer.

Uit hul wel­slae op pro­vin­si­a­le vlak het ’n hand­vol jong spe­lers, on­der an­de­re die toe­koms­ti­ge S­pring­bok-kap­teins Bob Sk­in­stad en Cor­né K­ri­ge, na vo­re ge­tree. Daar kan selfs ge­sê word dat dit deur­slag­ge­wend was vir lang S­pring­bok­loop­ba­ne vir man­ne soos Per­cy Mont­go­me­ry en Pie­ter Ros­souw. Daar is ook le­we ge­blaas in die loop­ba­ne van spe­lers soos Dick Muir en Ja­mes S­mall, wat van Na­tal af by die WP aan­ge­sluit het.

Ek glo ook nie die Leeus sou hul suk­ses in die Su­per­reeks die af­ge­lo­pe twee sei­soe­ne be­haal het as dit nie vir hul on­der­gang in 2012 en hul ge­volg­li­ke af­we­sig­heid in Su­per­rug­by die vol­gen­de jaar was nie.

Die Goue Leeus het toe in 2013 die Vo­da­com­be­ker-reeks ge­wen en in die eind­stryd was die vol­gen­de spe­lers in hul agt­tal: War­ren W­hi­te­ley (kap­tein), Jaco K­riel, War­wick Teck­len­burg, Ja­c­ques van Rooy­en, Rob­bie Coet­zee en Ru­an D­rey­er.

Re­le­ga­sie het die Leeus in werk­lik­heid in staat ge­stel om hul deur­me­kaar sa­ke in or­de te kry en om kon­ti­nu­ï­teit te ves­tig.

Die Bul­le se wel­slae on­der die af­rig­ting van Hey­ne­ke Mey­er en Frans Lu­de­ke het ook ge­spruit uit struk­tu­re wat op ’n lae vlak ge­ves­tig is en op aan­vank­li­ke wel­slae in die Vo­da­com­be­ker-reeks.

Die waar­de van die Vo­da­com­be­ker-reeks as ’n by­ko­men­de vlak van kom­pe­ti­sie is ge­wel­dig on­der­skat. Ho­pe­lik kan die Su­perS­port-uit­daag­reeks die­self­de doel dien, maar dit moet reeds vroeg in die sei­soen be­gin so­dat dit ook ’n aan­vul­len­de doel vir fran­chi­se­span­ne kan dien.

In Suid-A­fri­ka moet die moei­li­ke be­sluit nou ge­neem word oor wat­ter van ons twee Su­per­rug­by­span­ne in die slag gaan bly ter wil­le daar­van om die reeks te her­struk­tu­reer.

Daar is reeds spra­ke van regs­ak­sie deur die C­hee­tahs, maar myns in­siens sal so ’n ak­sie teen die bes­te be­lang van Suid-A­fri­kaan­se rug­by in­druis.

As die C­hee­tahs – om mee te be­gin – dink hul­le is ver­dien­ste­li­ker as van die an­der span­ne, sou regs­ak­sie nie ter spra­ke ge­wees het nie. T­wee­dens was hul­le deel van ’n be­sluit oor die kri­te­ria wat toe­ge­pas sal word om te be­sluit wat­ter span­ne be­houe bly.

Die Sout­hern Kings se sto­rie is nog hart­seer­der ge­ge­we dat die goeie uit­slae die laas­te tyd juis ’n pluim­pie vir die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie (Sa­ru) is. Dis die na­si­o­na­le be­heer­lig­gaam wat be­heer ge­neem het van daar­die OosKaap­se sir­kus.

Maar waar is die kor­po­ra­tie­we steun vir dié span? Is dit kom­mer­si­eel haal­baar om hom in sy hui­di­ge vorm aan die gang te hou?

As ek in plaas­li­ke rug­by­ba­se se skoe­ne was, sou ek ver­sig­tig gaan na­dink het oor die moont­li­ke ge­leent­he­de wat die ver­lies van fran­chi­se­span­ne kan bied. Ge­ge­we dat spe­lers tot drie jaar op ’n slag ge­kon­trak­teer word en kom­mer­si­ë­le kon­trak­te nie net vir een sei­soen be­ding word nie, kan jy nie meer so ’n be­sluit el­ke jaar her­sien nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.