‘Ek sal reg wees’

Seer en­kel her­stel goed

Beeld - - Sport - Ti­nus van S­ta­den

Han­dré Pollard kan – teen al­le ver­wag­tin­ge in – die S­pring­bok­ke se nr. 10-trui in die toets­reeks teen Frank­ryk dra.

Pollard, wat op 20 A­pril sy en­kel be­seer het, re­a­geer so goed op be­han­de­ling dat hy moont­lik drie we­ke vroe­ër as wat ver­wag is sy te­rug­keer kan maak.

Dié 23-ja­ri­ge Bok-los­ska­kel sou aan­vank­lik die reeks van drie toet­se teen Frank­ryk – wat op 10 Ju­nie be­gin – mis­ge­loop het. Na­dat die Haaie se Pa­trick Lam­bie Sa­ter­dag weer har­sing­skud­ding op­ge­doen het en moont­lik weer lank uit kan wees, sou Pollard se af­we­sig­heid Al­lis­ter Coet­zee, Bok-brei­er, met min op­sies op los­ska­kel ge­laat het.

Pollard het gis­ter be­ves­tig dat die her­stel­pro­ses baie vin­ni­ger ver­loop as wat aan­vank­lik ver­wag is.

“Din­ge ver­loop tans baie goed en ons is ver voor ske­du­le. Al­les is reg, my en­kel is vas en hy moet nou net weer sterk word. Hoe vin­ni­ger hy sterk word, hoe vin­ni­ger kan ek weer speel,” sê Pollard.

As daar dus geen kom­pli­ka­sies is nie, sal hy fiks wees vir die eer­ste toets teen die Fran­se.

Pollard se laas­te wed­stryd was op 15 A­pril, toe die Bul­le die Ja­gua­res op Lof­tus Vers­feld ge­klop het. Die span van P­re­to­ria het nog twee wed­stry­de oor voor­dat die Su­per­rug­by-reeks vir die toet­se in Ju­nie on­der­breek word.

Pollard sal dus nie ’n kans kry om sy wed­stryd­fiks­heid te be­wys voor die eer­ste toets nie.

“Ek gaan be­slis nie wed­stryd­fiks wees nie, want ek gaan nie voor die eer­ste toets kan speel nie, maar ek was nie te lank uit nie. So jy ver­loor nie te veel fiks­heid nie. Jy bly re­la­tief skerp,” sê Pollard.

Vol­gens hom is die me­die­se span­ne van die Bul­le en die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie (Sa­ru) in ver­bin­ding met me­kaar.

“Die me­die­se span­ne van die Bul­le en Sa­ru praat ge­reeld en die af­rig­ter (Coet­zee) sal weet waar ek staan. Ek gaan se­ker maak ek is ge­reed. Of ek ge­kies word of nie is in hul han­de.”

Hy het ook baie em­pa­tie met Lam­bie,

wat vir die so­veel­ste keer be­seer is.

“Dit is baie frus­tre­rend, eer­stens vir ons as spe­lers en ook vir die span­ne waar­by ons be­trok­ke is. Om ’n ou soos Pat te ver­loor, sal ver­skrik­lik wees. Ons hou reg­tig duim vas dat hy sal te­rug­kom. Ons weet hy kan, want hy het dit al so­veel keer van­te­vo­re ge­doen.”

Die tal­le be­se­rings wat die land se voor­ste los­ska­kels klok­slag op­doen, is ’n groot frus­tra­sie vir Pollard. Maar hy re­ken die Bok­ke is ge­rat vir die reeks.

“El­ton (Jan­tjies) speel baie goeie rug­by by die Leeus, so ek dink ons is or­raait vir die reeks wat nou kom. Maar i­de­aal ge­spro­ke sal jy al­mal wil fiks hê.”

Pollard praat ook met baie ag­ting van die groen­tjie Cur­win Bosch.

“Hy het ’n baie goeie tem­pe­ra­ment. Ek dink as jy goed ge­noeg is, is jy oud ge­noeg. Hey­ne­ke (Mey­er, voor­ma­li­ge Bok­brei­er) het al­tyd ge­sê as jy ’n los­ska­kel van wê­reld­ge­hal­te wil wees, moet jy op 20 al kan toets­rug­by speel. Ek sou heel moont­lik nou reeds vir Cur­win ’n kans ge­gee het as ek die af­rig­ter was.”

Han­dré Pollard glo hy sal be­tyds fiks wees om die Fran­se Ha­ne in Ju­nie die stryd aan te sê. Fo­to: GALLO IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.