Is Lam­bie se loop­baan in die ge­drang?

Beeld - - Sport - Ti­nus van S­ta­den

Die Haaie het gis­ter bit­ter min in­lig­ting oor die erns van Pa­trick Lam­bie se be­se­ring be­kend ge­maak, maar ’n mens kan aan­neem sy loop­baan is dalk in die weeg­skaal.

Lam­bie het Sa­ter­dag in die Haaie se Su­per­rug­by-stryd teen die Sout­hern Kings in Port E­li­za­beth die veld met har­sing­skud­ding ver­laat. Hy het nie gis­ter saam met sy span­maats na Sin­ga­poer ge­reis vir hul krag­me­ting die na­week met die Sun­wol­ves nie.

Lui­dens ’n ver­kla­ring van die Haaie is hy as voor­sorg­maat­re­ël by die huis ge­los om­dat hy al voor­heen har­sing­skud­ding op­ge­doen het en die be­stuur nie met hom wil waag nie.

Lam­bie het die groot­ste deel van ver­le­de sei­soen met er­ge har­sing­skud­ding mis­ge­loop na­dat hy in die eer­ste toets teen Ier­land dis­nis deur CJ S­tan­der ge­loop is. Daar was toe reeds spra­ke dat sy loop­baan in die weeg­skaal is.

Spe­lers soos die voor­ma­li­ge Ma­tie-kap­tein Bey­ers de Vil­liers en die voor­ma­li­ge All Black-slot Ja­mes Bro­ad­hurst het vroe­ër van­jaar hul ste­wels weg­ge­bê­re na­dat hul­le ver­skeie ke­re har­sing­skud­ding op­ge­doen het.

Daar is ook nog sleg­te nuus vir die span van Dur­ban. Je­re­my Ward, bin­ne­sen­ter wat in die ge­skors­te An­dré Ester­hui­zen se af­we­sig­heid skaf­lik in die mid­del­veld ver­toon het, sal tot ses we­ke op die kruk­ke­lys wees.

Ward het sy neus ge­breek en moet ge­o­pe­reer word.

Daar­be­ne­wens reis die hee­lag- ter R­hyno S­mith ook nie saam nie. Hy het sy bo­arm­spier ge­skeur en moet ’n spe­si­a­lis sien wat sal vas­stel hoe lank sy her­stel­pro­ses sal duur.

Die Haaie se ag­ter­lyn is dus baie uit­ge­dun. Garth A­pril en Ben­hard Jan­se van Rens­burg is die los­ska­kels in die toer­groep, maar A­pril kan moont­lik op heel­ag­ter in­ge­span word met Jan­se van Rens­burg wat die nr. 10-trui kan dra.

Ro­bert du P­reez, die Haaie se brei­er, het nie ’n er­ken­de heel­ag­ter by sy groep in­ge­sluit nie. ’n An­der moont­lik­heid is dat die Bok-vleu­el L­wa­zi M­vo­vo in die laas­te ves­ting in­ge­span kan word, met Sbu N­ko­si en Ko­bus van Wyk op die vleu­els.

Die Na­mi­bie­se sen­ter Jo­han Dey­sel be­hoort in Ward se plek op bin­ne­sen­ter te be­gin met die oud-B­lits­bok S’bu­ra Sit­ho­le op die plaas­ver­van­ger­bank.

Die Bok-stut Coe­nie Oost­hui­zen word ook ’n rus­kans ge­gun in­ge­vol­ge die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie se re­ëls wat S­pring­bok­ke se speel­tyd be­tref.

■ Die Haaie se toer­groep is: Voor­spe­lers:

C­hi­li­boy Ra­le­pel­le, Da­niel du P­reez, E­tien­ne Oost­hui­zen, Fran­co Ma­rais, Ja­c­ques Ver­meu­len, Je­an­Luc du P­reez, John­Hu­bert Mey­er, Ju­an S­choe­man, Lou­rens A­dri­aan­se, P­hi­lip van der Walt, Ru­an Bo­tha, S­te­phan Le­wies, Be­ast M­ta­wa­ri­ra, Te­ra M­tem­bu, T­ho­mas du Toit. Ag­ter

spe­lers: Ben­hard Jan­se van Rens­burg, Co­bus Rei­nach, Garth A­pril, Jo­han Dey­sel, Ko­bus van Wyk, Luk­ha­nyo Am, L­wa­zi M­vo­vo, Mi­cha­el Claas­sens, S’bu­ra Sit­ho­le, Sbu N­ko­si.

3 Lam­bie word deur die Haaie se me­die­se span on­der­soek. Lam­bie het voort­ge­speel, maar hy is ’n ruk­kie ver­soek om ’n har­sing­skud­ding­toets te on­der­gaan, wat hy nie kon slaag nie.

1 Pa­trick Lam­bie stamp sy kop teen die Haaie se heel­ag­ter, R­hyno S­mith (nr. 15), in Sa­ter­dag se Su­per­rug­by­wed­stryd teen die Sout­hern Kings in Port E­li­za­beth. Fo­to’s: SKERMGREPE | SU­PERS­PORT

2 Lam­bie lê op die naat van sy rug na­dat hy en S­mith kop­pe ge­stamp het. Die voor­val het in die eer­ste helf­te ge­beur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.