Li­o­nel kry sy kans

Beeld - - Sport -

In­tus­sen is nóg ’n los­ska­kel, die Kings se Li­o­nel Cron­jé, be­loon vir sy goeie spel­peil in van­jaar se Su­per­rug­by­reeks.

Cron­jé is een van vier Kings­spe­lers wat by die Bok­ke se groep vir van­jaar se der­de oe­fen­kamp in­ge­sluit is.

Die los­voor­spe­lers Chris Cloe­te en An­di­sa Nt­si­la en die vleu­el Ma­ka­zo­le Ma­pim­pi sal saam met Cron­jé dié oe­fen­kamp van 21 tot 23 Mei in Jo­han­nes­burg by­woon.

Die S­pring­bok­groep van 31 spe­lers vir die toets­reeks teen Frank­ryk, as­ook die SA A­groep van 26 spe­lers vir die twee wed­stry­de teen die Fran­se Bar­ba­ri­ans, word op 23 Mei aan­ge­kon­dig.

On­danks sy be­se­ring is Lam­bie ook by die groep in­ge­sluit. Spe­lers van die C­hee­tahs, wat tans in Nieu­See­land toer en vol­gen­de week in Ja­pan is, is nie by die groep in­ge­sluit nie.

Pollard is nie deel van die groep vir dié kamp nie, maar Lam­bie is wel ge­nooi.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.