G­re­tha: ‘Jul­le is so ge­pla oor hoe jul­le lyk’

Sy spreek skool­mei­sies in Pta toe

Beeld - - Voorblad - Han­nes Kru­ger

Die Chris­te­li­ke skry­wer G­re­tha Wi­id spreek gis­ter mei­sies van die Ho­ër­skool P­re­to­ria­Noord toe. Dit is deel van So­li­da­ri­teit Hel­pen­de Hand se pro­jek Hel­pHan­na, wat be­doel is om “A­fri­ka­ner­mei­sies se waar­dig­heid te be­vor­der”. Wi­id het ver­le­de week ’n her­rie ver­oor­saak met haar uit­la­tings oor ho­mo­sek­su­a­li­teit. Be­rig op

“Mis­kien moet ons vir ’n oom­blik luis­ter na die gay men­se met wie ek al ’n pad ge­stap het en nie na die men­se wat my nie ken nie,” het G­re­tha Wi­id gis­ter ge­sê.

’n Bom het ver­le­de week in so­si­a­le me­dia ge­bars oor dié Chris­te­li­ke skry­wer se uit­la­tings oor ho­mo­sek­su­a­li­teit.

Gis­ter het skool­mei­sies die Ho­ër­skool P­re­to­ria-Noord se skool­saal vol­ge­pak om ’n kwar­tier lank na haar te luis­ter.

Dit is deel van die #Hel­pHan­na-pro­jek van So­li­da­ri­teit Hel­pen­de Hand wat be­doel is om “A­fri­ka­ner­mei­sies se waar­dig­heid te be­vor­der”.

“Gi­r­lies, jul­le is op ’n ou­der­dom waar jou In­sta­gram-li­kes tel, nè? Jy post ’n fo­to en kyk dan bin­ne tien mi­nu­te na die fo­to en sê: ‘Oh, my word – ek het 34 li­kes.’”

Die mei­sies lag.

“Jul­le is so ge­pla oor hoe jul­le lyk. Jul­le neem al die fo­to’s van bo af so­dat jul­le mooi lyk. Al­les het ’n fil­ter op. Is dit die waar­heid? Ja!”

La­ter kom die an­der waar­he­de.

Dis nog­al erg om ’n gi­rl te wees so saam met men­stru­a­sie, sê sy.

Maar weet jul­le wat is hart­seer? vra sy.

“Daar is som­mi­ge mei­sies wat nie in­lig­ting het nie, som­mi­ge mei­sies se ly­fies kry ’n bie­tjie swaar. Maar die waar­heid is van­og­gend som­mi­ge mei­sies kry met ’n bie­tjie geld ook ’n bie­tjie swaar.

“Ek glo met my he­le hart dat die He­re ons nie net ge­bless het so­dat ons ge­bless kan wees nie. Hy gee nie net vir ons geld so­dat ons kan T­hai­land toe gaan nie. Hy gee dit vir ons so­dat ons vir an­der men­se iets kan doen.”

Op pad uit het sy nie tyd om ’n on­der­houd toe te staan nie, want sy is laat vir die vol­gen­de skool.

Op ’n draf­stap ant­woord sy tog ’n paar vrae, soos oor wat sy aan ’n ho­mo­sek­su­e­le tie­ner sal sê wat dit met haar deel.

“Die heel eer­ste ding wat jy moet weet, is dit maak nie saak wat jou sek­su­a­li­teit is nie, jy bly kos­baar. En daar­van kan baie kin­ders ge­luk­kig ge­tuig, want baie sul­ke kin­ders het al na my toe ge­kom.”

So dis nie meer hart­seer om gay te wees, soos be­skryf in haar boek vir tie­ners nie?

Ná ’n stil­te ant­woord sy: “Ek dink daar­die vraag sal ons voor die Men­se­reg­te­kom­mis­sie han­teer. Is dit or­raait? Daai is de­fi­ni­tief uit kon­teks uit aan­ge­haal. So ek gaan nie nou daar­op kom­men­taar le­wer nie.

“Mis­kien moet ons vir ’n oom­blik luis­ter na die gay men­se met wie ek al ’n pad ge­stap het en nie na die men­se wat my nie ken nie.”

Sy ant­woord vin­nig ’n laas­te vraag oor haar na­graad­se kwa­li­fi­ka­sies, wat die na­week tel­kens op so­si­a­le me­dia be­vraag­te­ken is: “Ek het by die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria (UP) ge­stu­deer.”

Sy ram­mel haar stu­den­te­nom­mer af en spring in die mo­tor.

“Nou moet ek gou an­der mal­le­tjies by ’n an­der skool gaan toe­spreek.”

■ Ri­kus Del­port, UP-woord­voer­der, het be­ves­tig die hoog­ste kwa­li­fi­ka­sie wat sy daar ver­werf het, is ’n hon­neurs­graad in A­fri­ka­ta­le.

Fo­to: DEAAN VIVIER

Die Chris­te­li­ke skry­wer G­re­tha Wi­id spreek mei­sies van die Ho­ër­skool P­re­to­ri­aNoord gis­ter­og­gend toe.

Fo­to: DEAAN VIVIER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.