Nou vra SAUK vir ’n kwa­li­fi­ka­sie

Beeld - - Voorblad -

’n Kan­di­daat met ’n “toe­pas­li­ke na­graad­se kwa­li­fi­ka­sie” word ge­soek as be­dryfs­hoof van die SAUK in die plek van Hlau­di Mot­soe­neng. Ie­mand met ’n mees­ters­graad sal voor­keur kry.

Dat Mot­soe­neng nie ma­triek ver­werf het nie, was een van die ve­le storms wat hy al ge­trot­seer het.

Dié pos en pos­te vir on­der an­de­re ’n uit­voe­ren­de hoof,

’n ou­dit­hoof en ’n uit­voe­ren­de hoof (ra­dio) is Son­dag in koe­ran­te ge­ad­ver­teer.

Die be­dryfs­hoof moet tien jaar er­va­ring in die me­di­a­be­dryf hê waar­van vyf jaar op uit­voe­ren­de groep­vlak in in­lig­tings­teg­no­lo­gie of die me­dia moet wees.

Die SAUK se tus­sen­tyd­se raad, wat on­langs aan­ge­stel is om die SAUK reg te ruk, het ver­le­de week aan die par­le­men­tê­re por­te­feul­je­ko­mi­tee oor kom­mu­ni­ka­sie ge­sê die na­si­o­na­le uit­saai­er het groot fi­nan­si­ë­le pro­ble­me.

Die SAUK het meer as R200 mil­joen ver­loor weens Mot­soe­neng se be­leid dat 90% plaas­li­ke in­houd op die ra­dio uit­ge­saai word.

Die tus­sen­tyd­se raad wil hê die spe­si­a­le on­der­soek­een­heid moet on­der­soek in­stel na be­vor­de­rings en sa­la­ris­ver­ho­gings toe Mot­soe­neng aan die stuur van sa­ke was.

Mot­soe­neng moet bin­ne­kort voor ’n tug­ver­hoor van die SAUK ver­skyn na­dat hy on­langs op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie die tus­sen­tyd­se raad, die par­le­ment en die re­ge­ring ge­kri­ti­seer het. Hy wou gis­ter­mid­dag niks oor die tug­ver­hoor sê nie. – Sa­rel van der Walt

Fo­to: FELIX DLANGAMANDLA

Hlau­di Mot­soe­neng

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.