Ak­sie op Lof­tus . . . maar waar was jý?

Beeld - - Voorblad - Gert van der West­hui­zen Van der West­hui­zen is ’n ar­ti­kel­skry­wer van Net­werk24.

Mooi­weer-on­der­steu­ners. Dít is die eer­ste ge­dag­te wat Sa­ter­dag by my op­ge­kom het toe ek sien min­der as 5 000 toe­skou­ers was op Lof­tus Vers­feld om die Bul­le teen die High­lan­ders te on­der­steun.

Daar is se­ker be­ter din­ge om op ’n nat en koue mid­dag in P­re­to­ria te doen as om die e­le­men­te te trot­seer én te be­taal om na swak rug­by te gaan kyk.

Maar ons praat hier van die eens mag­ti­ge Bul­le; die suk­ses­vol­ste pro­vin­si­a­le span in Suid-A­fri­ka ná die Twee­de Wê­reld­oor­log wat be­kers by die do­sy­ne ver­sa­mel het en toer­span­ne soos die All Blacks af­ge­ran­sel het.

Ver­dien hul­le nie be­ter as ’n s­ka­me­le 5 000 toe­skou­ers nie? Al re­ën dit?

Dit gaan wel die laas­te klom­pie ja­re nie goed met die Bul­le nie, maar waar is hul on­der­steu­ners se lo­ja­li­teit?

Jy moet mos ook by jou span staan as hy deur moei­li­ke tye gaan, of hoe?

In die goue ja­re het die Bul­le se on­der­steu­ners al­ler­han­de on­oog­li­ke goed aan hul bak­kies en mo­tors ge­hang om te wys wat­ter span hul­le on­der­steun.

Hul­le het hul­self be­spot­lik ge­maak deur ma­nie­re te prak­seer om reu­se­ho­rings op hul kop­pe rond te dra en het rin­ge deur hul neu­se ge­steek. Van hul­le het hul­self blou ge­verf (da­rem net vir wed­stryd­dae.)

Gits, daar is selfs blou wors in P­re­to­ria ver­koop en an­der kos en

drank soos melk is ook blou ge­kleur.

G’n woord­jie van kri­tiek teen hul span is ge­duld nie.

In 2010 het Bul-on­der­steu­ners die gan­se wê­reld ver­baas deur twee keer in hul dui­send­tal­le na So­we­to op te ruk om hul span in die Su­per-half­eind en -eind­stryd in die Or­lan­do-sta­di­on te on­der­steun. Nou sien jy hul­le nê­rens nie. Al spoor wat van hul­le oor­ge­bly het, is twiets en bood­skap­pe en brie­we in koe­ran­te.

Daar­in kraak hul­le na­tuur­lik

meest­al hul span af en dring daar­op aan dat by­kans al­mal moet be­dank; so as­of dit nou ’n kits­op­los­sing sal wees.

Hul­le het ui­ter­aard die reg om te kla en moet dit ook doen. Maar sal hul on­der­steu­ning nie óók die span help nie?

Hoe be­ter hul­le on­der­steun word, hoe be­ter speel span­ne ge­woon­lik. Moet die Bul­le se on­der­steu­ners die nu­we af­rig­ter se po­gings om die speel­styl te verander nie lan­ger as twee sei­soe­ne kans gee om te werk nie?

Of staan hul­le net by hul span as hy wen?

Son­dag het ek weer aan die leë Lof­tus ge­dink toe die En­gel­se P­re­mier­liga-sok­ker­span Tot­ten­ham Hot­spur ná 118 jaar af­skeid van hul sta­di­on ge­neem het.

Die meer as 31 000 sit­plek­ke op W­hi­te Hart La­ne is lank­al nie meer ge­noeg nie en ’n nu­we sta­di­on word vir S­purs ge­bou.

Die mees­te van die meer as

60 000 men­se wat die sta­di­on sal vol­pak, was nog nie eens ge­bo­re toe S­purs in 1961 laas die li­ga­ti­tel ge­wen het nie. Waar­om gaan kyk hul­le week ná week, soms selfs twee keer ’n week, na ’n span wat ge­woon­lik nie veel van ’n kans het om ti­tels of be­kers te wen nie?

Is dit om­dat daar nie so baie an­der tyd­ver­dry­we in Lon­den as in P­re­to­ria is nie? Ek glo nie.

Dit het dalk net iets met lo­ja­li­teit te doen.

Nes die lo­ja­li­teit wat on­der­steu­ners van die an­der 19 P­re­mier­liga­span­ne sta­di­ons laat vol­pak; selfs al sneeu dit.

Dit geld ook nie net sok­ker nie. Die Se­s­na­sies-reeks spog met ge­mid­deld die hoog­ste by­wo­ning­sy­fer van e­ni­ge reeks of toer­nooi ter wê­reld. On­der­steu­ners van span­ne soos I­ta­lië en S­kot­land weet ge­reeld dat hul­le sta­di­on toe gaan om ’n ne­der­laag te aan­skou.

Tog keer dit hul­le nie; selfs al re­ën dit en is dit ys­koud.

In die Kaap en Dur­ban lyk by­wo­ning­sy­fers ook veel be­ter as in P­re­to­ria wan­neer din­ge nie te goed gaan met die Haaie en WP of S­tor­mers nie.

Dit laat ’n mens dink dat die pro­bleem in P­re­to­ria dalk nie net by die spe­lers en be­stuur van die Bul­le lê nie.

Dalk het dit tyd ge­word dat die Bul­le ook vra dat hul on­der­steu­ners af­ge­dank word; die paar wat nog oor is.

Ver­dien die Bul­le nie be­ter as die 5 000 toe­skou­ers wat Sa­ter­dag op­ge­daag het nie?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.