‘Hof­be­vel be­te­ken Ma­le­ma en kie kan nie grond­gryp aan­hits’

Beeld - - Voorblad -

Die fi­na­le hof­be­vel wat ver­le­de week teen grond­be­set­ters in die B­rits-om­ge­wing uit­ge­reik is, is van groot be­lang om­dat dit be­te­ken die ho­we meen grond­ei­e­naar­skap moet be­skerm word, sê Armand G­rey­ling, regs- en be­leids­ont­le­der van A­friSa­ke.

“Dit be­te­ken po­li­ti­ci soos Ju­li­us Ma­le­ma (EFF-lei­er) kan men­se nie som­mer net aan­hits om grond te gryp nie.”

Die be­vel is in die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria aan A­friSa­ke toe­ge­staan.

“Dis vir ons ’n groot oor­win­ning,” het G­rey­ling gis­ter ge­sê.

“Ons het ook fi­na­le hof­be­ve­le teen be­set­ters in Mooi­nooi en Bronk­horst­spruit ver­kry. Om grond te gryp is on­wet­tig en grond­ei­e­naars het die reg om hul ei­en­dom te be­skerm.”

A­friSa­ke was al ver­skeie ke­re in die hof om be­ve­le teen die be­set­ters na­by B­rits te kry, maar dit is nou ’n fi­na­le be­vel ge­maak.

Die pro­ble­me het in Ok­to­ber 2016 be­gin toe so­wat 300 men­se die plaas van on­der an­de­re Her­man Ver­ry­ne be­gin be­set het.

Die be­set­ters het met­ter­tyd be­gin er­we af­steek en struk­tu­re op­ge­rig. A­friSa­ke het ’n tus­sen­tyd­se hof­be­vel ge­kry om hul­le te laat ver­wy­der. Dit is dié be­vel wat nou fi­naal ge­maak is. Dit be­te­ken die be­set­ters mag nooit weer te­rug­kom nie.

G­rey­ling raai grond­ei­e­naars aan om vin­nig op te tree wan­neer hul grond on­wet­tig be­set word. “Hul­le moet on­mid­del­lik ’n saak van be­tre­ding by die po­li­sie aan­han­gig maak en die po­li­sie ont­bied. In­dien die po­li­sie mis­luk of wei­er om op te tree, kan ’n drin­gen­de hof­be­vel be­kom word.”

Dit be­te­ken po­li­ti­ci soos Ju­li­us Ma­le­ma (EFF­lei­er) kan men­se nie som­mer net aan­hits om grond te gryp nie.

— ARMAND G­REY­LING

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.