‘Toe weet ek mei­sie gaan nie ant­woord’

Beeld - - Nuus - – News24

Toe hy uit­vind dit is Fran­zis­ka Bl­ö­ch­li­ger se draf­skoen wat hy in die To­kai-bos in Kaap­stad ge­vind het, het hy be­sef sy gaan nie meer ant­woord as hy roep nie, het ’n buurt­wag­lid gis­ter in die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad ge­tuig.

Jar­red van Wyk is ’n staats­ge­tuie in die ver­hoor van Ho­ward O­li­ver (28), wat die 16-ja­ri­ge Fran­zis­ka na be­we­ring ver­krag en ver­moor het.

Hy het ge­tuig hy het die mid­dag van 7 Maart 2016 ’n tur­koois draf­skoen in die To­kai-bos ge­kry. “Ek het ge­bel om ’n dui­de­li­ke be­skry­wing van die skoen te kry. Daar is ge­sê dit is ’n tur­koois Ni­ke-tek­kie. Ek het ’n koue ril­ling ge­kry en ge­dink ek soek nie meer na ’n mei­sie nie.”

Hy het in die veld gaan soek. ’n Vrou wat met haar hond gaan stap het, het daar aan­ge­kom. Hy het aan haar ge­sê waar­na hul­le soek en sy het weg­ge­stap. “Die ma­nier waar­op sy ge­skree het (toe sy op die lyk af­kom), gee my steeds nag­mer­ries,” het Van Wyk ge­tuig.

Hy het ’n on­der­steu­ning­span ont­bied voor­dat hy na die lyk ge­gaan het.

“Ek het vir ’n pols op haar ge­wrig en nek ge­soek. Sy was steeds warm,” het Van Wyk in tra­ne ge­tuig.

“Ek kon nie haar ge­sig sien nie. Haar ge­sig was be­dek met stuk­ke vrot hout.”

In vi­deo-op­na­mes wat gis­ter in die hof ge­wys is, het O­li­ver aan die on­der­soek­be­amp­te die to­neel uit­ge­wys waar hy Fran­zis­ka aan­ge­val het. Hy ont­ken hy het die moord ge­pleeg, maar er­ken hy het haar sel­foon en ring ge­steel. Hy het ge­sê hy het haar be­ne vas­ge­bind om hom ge­noeg tyd te gee om weg te kom.

“Ek het dub­bel se­ker ge­maak dat sy steeds a­sem­ge­haal het,” het hy ver­skeie ke­re in die vi­deo-op­na­mes her­haal.

Marc Jaf­ta, ’n vriend van O­li­ver uit hul kin­der­ja­re, het ge­tuig O­li­ver het op die dag van die moord die sel­foon aan hom pro­beer ver­koop. Hy het ge­sê O­li­ver het ’n ge­skie­de­nis van ag­gres­sie.

“Hy kan reg­tig baie kwaad raak. Hy het my al ’n paar keer ge­slaan. Hy is sterk.”

Die ver­hoor duur voort.

Fran­zis­ka Bl­ö­ch­li­ger

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.