Voe­te op stoof is toe geen poets

Beeld - - Wêreld­ Beeld -

Po­li­sie­le­de wat mens­li­ke lig­gaams­de­le in ’n pot op ’n stoof in ’n woon­stel in Aus­tra­lië ge­vind het, het eers ge­dink dit is ’n Hal­lo­ween-poets, is gis­ter in ’n ge­reg­te­li­ke doods­on­der­soek ont­hul.

Mar­cus Vol­ke, ’n sjef, het sy In­do­ne­sie­se trans­gen­der-vrou, Ma­y­ang Pra­se­tyo, na be­we­ring in 2014 ver­moor.

Hy het die moord pro­beer ver­doe­sel deur haar lyk op te kap en die lig­gaams­de­le te kook.

Die po­li­sie is ont­bied weens ’n sleg­te reuk wat uit die eg­paar se woon­stel in B­ris­ba­ne ge­kom het.

Vol­ke het aan po­li­sie­le­de ge­sê hy wil sy hon­de toe­sluit toe hul­le aan sy deur klop.

Hy het die deur eg­ter ge­sluit en ge­vlug.

Hy het in ’n vul­lis­drom weg­ge­kruip waar hy hom­self om die le­we ge­bring het.

Konst. Li­am M­cW­hin­ney en sr.konst. Bry­an Reid het op mens­li­ke voe­te af­ge­kom wat aan die kook in ’n pot was, het hul­le in die on­der­soek ge­tuig.

“Ek het aan­vank­lik ge­dink dit is die een of an­der poets . . . Hal­lo­ween of so iets.

“Na­dat ek twee en twee by­me­kaar­ge­tel het, het ek be­sef dit is geen poets nie,” het M­cW­hin­ney vol­gens die Aus­tra­lie­se uit­saai­kor­po­ra­sie ge­sê.

Vol­gens Reid was daar ’n sleg­te reuk in die woon­stel.

“Dit was iets wat ek nog nooit ge­ruik het nie – ek kan dit nie reg­tig be­skryf nie. Ek dink dit kon wel ’n moord ge­wees het.”

Vol­ke het sy vrou ont­moet ter­wyl hul­le al­bei as seks­wer­kers ge­werk het.

Hy het die laas­te paar we­ke voor die voor­val be­han­de­ling ge­soek vir gees­tes­pro­ble­me, is in die on­der­soek ge­tuig.

– News24Wi­re­AFP

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.