Ma­lan voer ge­hoor mee met spel

Beeld - - Kuns & Vermaak - Paul Boek­kooi Lin­der, Park­town Pe­tro­nel Ma­lan, kla­vier

Dit is on­mis­ken­baar: Op meer­de­re vlak­ke be­vind Pe­tro­nel Ma­lan haar nou as pi­a­nis op die kruin van die golf. Dit is een wat voort­stu – nie slegs bin­ne ’n vloei­ba­re fi­sie­ke di­men­sie nie, maar ook een waar­bin­ne klank, lig, ’n prik­ke­len­de in­ter­pre­ta­sie­ver­moë en e­lek­trie­se at­mos­feer op­ge­wek word.

As luis­te­raars is ons Sa­ter­dag­aand meer­ma­lig só aan­ge­raak dat jy saam met Da­wid in Psalm 16 (iet­wat aan­ge­pas) kan be­aam dat “. . . die meet­snoe­re vir haar in lief­li­ke plek­ke ge­val het . . .”

Baie hier­van is reeds ont­dek met haar spel in die o­pe­nings­werk, Mo­zart se So­na­te nr. 12 in F, K. 332. Dit is ’n re­la­tief kort en bon­di­ge so­na­te waar­in (vir Mo­zart) wyd­lo­pen­de e­mo­si­o­ne­le stem­mings kon­tras­ryk uit­ge­leef kan word.

As teen­pool van dog­ma­tis­me, wat ter­loops nooit by Mo­zart ’n op­sie kán wees nie, be­lig Ma­lan die wyds­heid van die kom­po­nis se fan­ta­sie.

Haar spel word ge­ken­merk deur om­vat­ten­de hel­der­heid en aan­slag-e­ga­li­teit. Dit word juis

be­reik deur haar sui­ni­ge en fyn ge­kon­tro­leer­de aan­wen­ding van die reg­ter­pe­daal.

Met dié uit­gangs­punt val by­kans al­les by Mo­zart in plek: die kon­tras­te tus­sen le­ga­to en stac­ca­to, maar ver­al ook die vol­le uit­leef van fra­ses wat uit­ein­de­lik die in­ter­ne ar­gi­tek­tuur bin­ne Mo­zart se ge­raf­fi­neer­de en deur­gaans ge­sui­wer­de klas­sie­ke styl na bui­te uit­dra.

Hier­na het Ma­lan ons op ’n a­von­tu­ris­tie­se reis deur die “te­ma en va­ri­a­sies”-styl van ’n nou feit­lik on­be­ken­de 19de eeu­se kom­po­nis ge­neem: S­te­phen Hel­ler (1814-1888) se 33 Va­ri­a­sies op Beet­ho­ven se 32 Va­ri­a­sies.

Hel­ler, Hon­gaars ge­bo­re, is slegs by ve­le ge­slag­te van me­ren­deels Duit­se pi­a­nis­te ’n huis­hou­de­li­ke naam en dan ver­al vir sy me­nig­maal ge­stu­deer­de Me­lo­dis­che E­t­ü­den.

Ma­lan het haar­self met in­ten­se oor­ga­we aan Hel­ler se uit­da­gen­de en ryk­lik kon­tras­te­ren­de werk oor­ge­gee en be­wys dat daar nog riw­we van die sui­wer­ste pi­a­nis­tie­se goud bin­ne die Ro­man­tiek ont­dek kan word. Dit was ’n mee­voe­ren­de luis­te­r­er­va­ring.

E­du­ard S­chütt (1856-1933) is nie­teen­staan­de sy Duit­se naam in Rus­land ge­bo­re en daar op­ge­lei. In twee pa­ra­fra­ses op Brahms-lie­de­re, “Wie­gen­lied” en “Ver­ge­bli­ches S­t­än­d­chen”, het Ma­lan ver­al in eers­ge­noem­de die ma­gie­se au­ra van een van die groot­ste wie­ge­lied­jies van al­le tye ryk­lik in haar spel uit­ge­leef. S­chütt self kon dalk sy oor­en­toe­si­as­tie­se be­na­de­ring tot laas­ge­noem­de pa­ra­fra­se iet­wat be­dwing het.

In die eer­ste vier van Ra­ch­ma­ni­nof se be­spie­ge­len­de Six mo­ments mu­si­caux, o­pus 16, het Ma­lan ver­al in nom­mers 2 en 4 ver­baas oor die hel­der de­tail bin­ne die pas­sa­sie­spel, as­ook oor so­veel tref­se­ke­re snel­heid, ter­wyl in die meer ge­ma­tig­de nom­mers 1 en 3 die li­ries-san­ge­ri­ge klank­ge­hal­te en be­to­we­rend-ro­man­tie­se ru­ba­to-spel im­mer op­val­lend was.

Ter af­slui­ting was daar Ernst von Dohnányi (1877-1960) se Pa­ra­fra­se op ge­se­lek­teer­de Brahm­swal­se.

Pe­tro­nel Ma­lan het be­wys dat dié mu­siek veel meer vra as kor­rek­te no­te­spel, ’n juis­te tem­po en ver­eis­tes rond­om di­na­miek. Haar ver­beel­ding het ’n eg­te in­ter­pre­ta­sie tot stand ge­bring. Die ge­hoor het haar te­reg toe­ge­juig.

Pe­tro­nel Ma­lan Fo­to: AHNA HUBNIK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.