Pa­ki­stan eer­ste keer baas in Wes­In­die­se Ei­lan­de

Beeld - - Sport - – Reu­ters

Pa­ki­stan se toets­krie­ket­span het sy eer­ste reek­soor­win­ning in die Ka­ri­bie­se Ei­lan­de be­haal toe hy die Wes­In­die­se Ei­lan­de Son­dag in Do­mi­ni­ca in die der­de toets ge­klop het.

Dit was die per­fek­te af­skeids­ge­skenk vir You­nis K­han en Mis­bah­ulHaq, wat hul uit­tre­de uit toets­krie­ket aan­ge­kon­dig het.

’n O­noor­won­ne hon­derd­tal deur Ros­ton C­ha­se het die Win­dies, wat in hul twee­de beurt vir 202 uit­ge­knik­ker is, am­per ge­red.

C­ha­se het Pa­ki­stan se bou­lers laat s­weet na­dat die toer­span die nu­we bal met 17 beur­te oor en twee paal­tjies kort van ’n oor­win­ning ge­neem het. Met ’n on­be­slis­te uit­slag in die vi­sier het Ya­sir S­hah, by­breek­bou­ler van Pa­ki­stan, vir S­han­non Ga­briel met die laas­te bal van die twee­de laas­te beurt uit­ge­boul.

Pa­ki­stan het met 101 lo­pies ge­wen en die reeks met 2­1.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.