Pos B­ri­an, be­veel ANC sy mi­nis­ter

N­go­a­ko sê ook oor Gup­tas se stre­ke

Beeld - - Voorblad - Sa­ke­re­dak­sie

Die ANC se op­drag dat die her­aan­stel­ling van B­ri­an Mo­le­fe as uit­voe­ren­de hoof van Eskom her­roep word, kom te mid­de van ’n bek­ge­veg met ’n Gup­ta-kin­kel tus­sen ’n oud­mi­nis­ter en die Zu­ma-kamp oor die e­lek­tri­si­teits­ver­skaf­fer.

G­we­de Man­tas­he, se­kre­ta­ris­ge­ne­raal van die ANC, het gis­ter­aand ge­sê die ANC se ses top­lei­ers het Lyn­ne Bro­wn, mi­nis­ter van o­pen­ba­re on­der­ne­mings, op­drag ge­gee om Mo­le­fe se her­aan­stel­ling te­rug te trek, aan­ge­sien die kwes­sie waar­skyn­lik in ’n hof sal be­land.

Die aan­kon­di­ging van Mo­le­fe se te­rug­keer na Eskom na­dat hy drie maan­de lank ’n ANC-LP was, is deur ’n koor van teen­stand be­groet.

Die DA het ’n drin­gen­de aan­soek by die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria in­ge­dien om die her­aan­stel­ling on­wet­tig te ver­klaar.

In­tus­sen het N­go­a­ko Ra­mat­l­ho­di, voor­ma­li­ge mi­nis­ter van mi­ne­ra­le bron­ne, gis­ter be­weer Mo­le­fe en dr. Ben N­gu­ba­ne, voor­sit­ter van die Eskom-di­rek­sie, het druk op hom uit­ge­oe­fen om die Gup­tas te help om be­heer van G­len­co­re se steen­kool­myn oor te neem.

A­maB­hung­ha­ne het gis­ter be­rig Mo­le­fe en N­gu­ba­ne het in 2015 daar­op aan­ge­dring dat hy al G­len­co­re se myn­li­sen­sies in Suid-A­fri­ka op­skort tot­dat die

myn­maat­skap­py ’n boe­te van R2,17 mil­jard be­taal het.

Ra­mat­l­ho­di het vol­gens a­maB­hun­ga­ne ge­wei­er om die my­ne te sluit. Hy was be­kom­merd dat in­dien 14 steen­kool­my­ne ge­sluit word, dit nog gro­ter druk op die beurt­krag­kri­sis sou plaas.

Zu­ma het hom kort daar­na na die por­te­feul­je staats­diens en ad­mi­nis­tra­sie ge­skuif.

Hy is in Maart van­jaar heel­te­mal uit die ka­bi­net ge­laat.

Ra­mat­l­ho­di is deur die Zu­ma­lo­ja­lis Mo­se­ben­zi Z­wa­ne ver­vang wat glo noue ban­de met die Gup­tas het.

Z­wa­ne het glo ook met I­van Gla­sen­berg, uit­voe­ren­de hoof van G­len­co­re, in Z­ü­rich ver­ga­der om die ver­koop van die myn aan die Gup­ta-be­heer­de Te­ge­ta te be­spreek.

Ra­mat­l­ho­di het la­ter in ’n on­der­houd met eNCA ge­sê Du­du­za­ne Zu­ma, ’n seun van pres. Ja­cob Zu­ma, het hom ge­vra om met A­jay Gup­ta te ver­ga­der. Hy het ge­wei­er (sien kas­sie hier­naas).

Kort na­dat die Ra­mat­l­ho­di-be­we­rings gis­ter be­kend ge­word het, moes N­gu­ba­ne bont­staan met ant­woor­de by die A­fri­can

U­ti­li­ty Week in Kaap­stad.

Dié kon­fe­ren­sie is ver­on­der­stel om ’n toon­ven­ster vir Eskom te wees, maar Mo­le­fe was nie daar om sy toe­spraak te le­wer nie. N­gu­ba­ne het ge­sê Mo­le­fe het “drin­gen­de sa­ke” om aan aan­dag te gee. Hy het ook woe­dend te­rug­ge­kap oor Ra­mat­l­ho­di se be­we­rings.

“Ons kan nie aan ’n mi­nis­ter sê wat om te doen nie. Ons kry be­ve­le van mi­nis­ters. Ons vra om hulp.

“Vir ’n (oud-)mi­nis­ter om nou te be­weer ons het hom eint­lik oor iets laat be­sluit, is ver­re­gaan­de,” sê N­gu­ba­ne.

K­hu­la­ni Qo­ma, Eskom-woord­voer­der, sê Ra­mat­l­ho­di maak erns­ti­ge aan­ty­gings, maar die tyds­be­re­ke­ning daar­van is ver­dag. “As dit ’n mo­re­le kwes­sie is, waar­om kies hy ’n se­ke­re tyd? Dit is baie ge­mak­lik vir hom,” be­rig Fin24.

Die DA sê in­tus­sen in ’n ver­kla­ring die be­we­rings is “ver­stom­mend” en ver­dien ’n vol­skaal­se on­der­soek as deel van die par­le­men­tê­re on­der­soek na Eskom wat dié par­ty ver­soek het. ■

Ver­slag­span: Fran­cois Wil­li­ams, El­vi­ra Wood en Vi­da Booy­sen

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.