’n See­koei stap straat­af

Beeld - - Voorblad -

Mo­to­ris­te en hon­de was gis­ter maar lug­tig toe ’n see­koei vroeg­og­gend in ’n woon­ge­bied in Lep­ha­la­le (El­lis­ras) straat­af ge­loop het.

’n Brom­po­nie met twee men­se wat dit ver­by die see­koei ge­waag het, is oop­bek be­storm, maar die be­stuur­der kon vet gee.

Die vol­groei­de see­koei – die ge­slag is on­be­kend – het in K­nop­pies­do­ring­weg op die Le­di­ben­ge­ko­land­goed in die bui­te­wy­ke van die dorp af­ge­stap.

Tal­le in­wo­ners het vi­deo’s op sel­fo­ne ge­neem en dit het soos ’n veld­brand op so­si­a­le me­dia ver­sprei.

Die see­koei is kort ná sy og­gend­stap­pie self te­rug na ’n dam op die land­goed.

Die de­par­te­ment van om­ge­wing­sa­ke sal kom kyk of die see­koei ge­skuif kan word na waar an­der see­koeie is, be­rig Mo­gol Pos.

– Ma­rie­tie Louw­Car­stens

Die wan­de­len­de see­koei.

Fo­to: SKERMGREEP

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.