‘Taak­mag tei­ken O­pod’

Beeld - - Nuus -

Die­self­de po­li­sie­taak­mag wat ge­bruik is om adv. Ger­rie Nel en genl.maj. Jo­han Booy­sen des­tyds in heg­te­nis te neem, word glo ook ge­bruik om die on­af­hank­li­ke po­li­sie­on­der­soek­di­rek­to­raat (O­pod) se on­der­soek teen die waar­ne­men­de na­si­o­na­le po­li­sie­hoof te ont­spoor.

So het Ro­bert McBride, uit­voe­ren­de di­rek­teur van O­pod, gis­ter in die par­le­ment ge­sê toe hy en lt.genl. K­ho­mot­so Phahlane die be­weer­de in­men­ging in die on­der­soek aan LP’s moes ver­dui­de­lik.

O­pod wil hê pres. Ja­cob Zu­ma moet Phahlane han­gen­de hul on­der­soek skors.

’n Ge­span­ne at­mos­feer het gis­ter ge­heers toe die por­te­feul­je­ko­mi­tee oor po­li­sie ge­luis­ter het hoe Phahlane en McBride en hul span­ne die be­we­rings van in­men­ging on­der­skei­de­lik pro­beer staaf en ver­de­dig het.

Die komitee het ge­hoor hoe O­pod­ge­tui­es glo ge­ïn­ti­mi­deer word, hoe O­pod-on­der­soe­kers per SMS doods­drei­ge­men­te kry en dat ’n po­li­sie­taak­span uit Noord­wes na Gau­teng ont­plooi is om teen­on­der­soe­ke teen O­pod te doen.

Klag­te van in­ti­mi­da­sie is ook teen McBride by die po­li­sie in­ge­dien.

Die on­af­hank­li­ke on­der­soe­ker Paul O’Sul­li­van se naam het ge­reeld op­ge­duik. Hy en le­de van die po­li­sie­vak­bond Pop­cru het die klag­te teen Phahlane by O­pod in­ge­dien.

Phahlane voer aan die O­pod-on­der­soek is on­wet­tig en be­vor­der O’Sul­li­van se “per­soon­li­ke a­gen­da”. McBride ont­ken dit.

O­pod on­der­soek se­dert Fe­bru­a­rie 2016 klag­te dat Phahlane na be­we­ring ’n bou­kon­trak­teur by sy huis met groot be­drae kon­tant in plas­tiek­sak­ke uit sy BMW se kat­te­bak be­taal het. Na­ge­noeg R710 000 is glo by drie ge­leent­he­de aan die bou­kon­trak­teur

be­taal.

Die be­we­rings teen Phahlane ver­wys ook na voer­tuie wat ge­koop en teen ’n wins aan ’n spe­si­fie­ke voer­tuig­han­de­laar ver­koop is.

Dié han­de­laar het ook twee voer­tuie, ’n Volks­wa­gen Po­lo en ’n Toyo­ta Hi­lux-bak­kie, as “borg­skap” aan Phahlane ge­gee. Hy het dit glo nie ver­klaar nie.

Gis­ter het McBride en O­pod ver­tel hoe O­pod-on­der­soe­kers doods­drei­ge­men­te per SMS ge­kry het kort na­dat hul on­der­soek be­gin het.

Phahlane het glo na­dat hy van die on­der­soek be­wus ge­word het ’n spe­si­a­lis­po­li­sie­taak­mag uit Noord­wes ont­plooi om teen­in­tel­li­gen­sie- en teen­on­der­soe­ke teen O­pod te doen.

“Dit is die­self­de po­li­sie­taak­span wat Nel en Booy­sen in heg­te­nis ge­neem het,” het McBride ge­sê.

Nel, wat on­langs as staats­ad­vo­kaat be­dank en by A­friForum aan­ge­sluit het, is in 2008 in heg­te­nis ge­neem en toe­ge­sluit op aan­klag van be­drog en dwars­bo­ming van die ge­reg van­weë sy ver­vol­ging van wy­le Jackie Se­le­bi, des­tyd­se po­li­sie­hoof. Die klag­te is la­ter te­rug­ge­trek.

Booy­sen is ook in 2012 in heg­te­nis ge­neem op aan­klag van on­der meer ram­pok­ke­ry oor sy rol in die so­ge­naam­de Ca­to Ma­nor-een­heid teen ge­or­ga­ni­seer­de mis­daad. Dit is ook la­ter te­rug­ge­trek.

Vol­gens McBride vrees hy die taak­mag nie “om­dat ons niks het om weg te steek nie”.

Phahlane het ont­ken hy meng in die O­pod-on­der­soek in. Hy hou vol daar is geen gron­de vir die klag­te teen hom nie om­dat “ek en my vrou saam so­wat R2,5 mil­joen per jaar ver­dien” en daar vir hom geen re­de is om guns­te van diens­ver­skaf­fers van die po­li­sie te ver­soek nie.

Oor ei­se dat hy ge­skors moet word, het Phahlane ge­sê: “Ek het my nie self aan­ge­stel nie, Zu­ma het. As dit in be­lang van Suid-A­fri­ka is en daar goeie re­de is waar­om ek by die huis moet sit, sal ek dit uit vrye wil doen.

“Ek be­sef eg­ter hier­die on­der­soek na my is per­soon­lik en word deur O’Sul­li­van ge­dryf.”

Hy het ge­sê sy si­vie­le hof­ge­ding oor die O­pod-on­der­soek is ook nog han­gend.

Ro­bert McBride Fo­to: LUCKY MORAJANE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.