Ko­a­li­sies no­dig vir 2019, sê Mai­ma­ne

Beeld - - Nuus -

M­mu­si Mai­ma­ne, DA-lei­er, sê hy het reeds met ko­a­li­sie­sa­me­spre­kings vir die al­ge­me­ne ver­kie­sing in 2019 be­gin.

Mai­ma­ne het gis­ter in ’n toe­spraak in Jo­han­nes­burg ge­sê hy het op­po­si­sie­par­tye ge­na­der om hul sa­me­wer­king te ver­sterk.

“Ek sal al­le kom­mu­ni­ka­sie­ka­na­le oop­hou tot­dat ons in 2019 na die stem­bus­se gaan.”

Mai­ma­ne sê as ko­a­li­sie­vor­ming die DA se kan­se ver­groot om die al­ge­me­ne ver­kie­sing in 2019 te wen, “dan is dit iets wat ons moet oor­weeg”.

Hy sê al­les word oor­weeg om dié ver­kie­sing te wen en sa­me­spre­kings met an­der po­li­tie­ke par­tye sal daar­op fo­kus om die ANC uit die kus­sings te lig.

Die DA oor­weeg nie sa­me­spre­kings vir ’n nu­we Kon­ven­sie vir ’n De­mo­kra­tie­se Suid-A­fri­ka (Ko­de­sa) nie en stem nie saam met die­ge­ne wat be­weer die Grond­wet is die bron van die land se pro­ble­me nie.

“Ons het een van die mees pro­gres­sie­we grond­wet­te ter wê­reld. Op pa­pier be­skerm en be­vor­der dit men­se se vry­heid.”

Vol­gens Mai­ma­ne moet ’n ko­a­li­sie­re­ge­ring saam­stem dat ’n groei­en­de en in­klu­sie­we e­ko­no­mie on­on­der­han­del­baar is.

“Die feit is dat te veel ryk­dom in die land in te min han­de is. Ons moet Suid-A­fri­ka aan­lok­lik vir be­leg­gers maak en ons moet sa­ke­on­der­ne­mings help om werk te skep.”

Mai­ma­ne sê die toe­koms van die par­ty hang af van sy vaar­dig­heid om sy oor­tui­gings oor ’n stel waar­des, waar­on­der ras, te ver­skuif.

“Ons moet be­gin glo dat ver­an­de­ring

moont­lik is en dat hier­die ver­an­de­ring slegs van bui­te die ANC be­gin, nie van bin­ne nie.

“Ons nu­we paad­jie gaan moed verg van al­mal van ons, want dit is on­be­kend. Dit gaan lyk soos niks wat ons al ge­ken het nie.”

Mai­ma­ne het na on­der meer Ke­nia, die I­voor­kus en Se­ne­gal ver­wys wat re­ge­ren­de pre­si­den­te uit­ge­werk het deur ko­a­li­sies te vorm.

“Dit is ’n les wat ons moet leer van an­der lan­de op die A­fri­ka­vas­te­land: Ko­a­li­sies en po­li­tie­ke ver­skui­wings het ’n be­lang­ri­ke rol ge­speel in die be­houd van die de­mo­kra­sie op die vas­te­land. En dit is waar ons toe­koms ook lê.”

Mai­ma­ne sê dit is nog vroeg, maar ko­a­li­sies en sa­me­wer­kings­oor­een­koms­te wat in Jo­han­nes­burg, Tshwa­ne en Port E­li­za­beth aan­ge­gaan is, werk. Hy sê dit wys ko­a­li­sies on­der lei­ding van die DA kan in die na­si­o­na­le re­ge­ring ook werk.

Hy het ’n hand van vriend­skap uit­ge­reik na e­ni­ge ANC-lei­ers wat hul­le teen die hui­di­ge re­ge­ring uit­spreek en ge­sê die DA is be­reid om in die toe­koms saam met hul­le te werk. – News24

M­mu­si Mai­ma­ne

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.