Nhle­ko loop weer deur oor ‘brand­poel’

Beeld - - Nuus - P­hil­da Es­sop

Die juk van die N­kand­la-brand­poel het gis­ter swaar op die skou­ers van Na­thi Nhle­ko, mi­nis­ter van o­pen­ba­re wer­ke, ge­rus toe hy sy eer­ste be­gro­tings­toe­spraak in dié por­te­feul­je ge­le­wer het.

Feit­lik el­ke op­po­si­sie-LP wat aan die de­bat oor die toe­spraak deel­ge­neem het, het na die brand­poel ver­wys.

Nhle­ko het naam ge­maak as die mi­nis­ter van po­li­sie wat Suid-A­fri­ka­ners met ’n vi­deo op die maat van die lied “O So­le Mio” pro­beer oor­tuig het die swem­bad by N­kand­la is nie net vir ont­span­ning nie, maar het ook ’n vei­lig­heids­funk­sie as ’n “brand­poel”.

Die EFF het die be­gro­ting ver­werp en voor­brand ge­maak vir ’n in­ter­ne een­heid in die staat wat in­fra­struk­tuur kan bou wat tot vol­hou­ba­re ont­wik­ke­ling kan lei en werk kan skep.

H­len­gi­we Hlop­he, EFF-LP, het pres. Ja­cob Zu­ma daar­van be­skul­dig dat hy die de­par­te­ment mis­bruik het om staats­hulp­bron­ne te ge­bruik om sy “pri­va­te he­re­huis” by N­kand­la te bou.

“Selfs er­ger is dat die man wat vir die be­lag­li­ke brand­poel en die hoen­der­hok ver­ant­woor­de­lik was, tot mi­nis­ter be­vor­der is om ver­der te plun­der.”

On­danks ’n be­swaar deur die ANC het Hlop­he dié stel­ling her­haal.

Dr. Cor­né Mul­der, VF Plus-LP, het ge­sê hy dink Nhle­ko het “toe­val­lig” om die pos aan­soek ge­doen. “Ek dink toe die pre­si­dent ge­dink het wie hy gaan aan­stel, het daar­die won­der­li­ke weer­ga­we van ‘O So­le Mio’ met die brand­poel by hom op­ge­kom en het hy ont­hou wie daar­voor ver­ant­woor­de­lik was, en toe die mi­nis­ter aan­ge­stel.”

Wil­lie Ma­disha, Co­pe-LP, het ge­sê se­dert die N­kand­la-skan­daal op die lap­pe ge­kom het, was daar drie mi­nis­ters in dié por­te­feul­je, en nou is daar die “brand­poel-spe­si­a­lis en Zu­ma-a­po­lo­geet”. Hy het ge­sê baie Suid-A­fri­ka­ners was ge­skok om te hoor geen maat­skap­pye wat by N­kand­la be­trok­ke was, is op ’n swart­lys ge­plaas nie. “Dit is dui­de­lik dat as jy aan Zu­ma en die ANC ver­bind is, kan jy straf­fe­loos kor­rup­sie pleeg.”

Pa­tri­cia Ko­pa­ne, DA-LP, het ge­sê die DA vind dit hoogs ver­dag dat Nhle­ko ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie ge­kan­sel­leer het waar die nu­we be­plan­de op­knap­pings­werk by N­kand­la ver­dui­de­lik moes word. “Die pu­bliek het die reg om te weet hoe hul be­las­ting­be­ta­lers­geld be­stee word. Hul­le het ook die ver­se­ke­ring no­dig dat daar geen ver­de­re op­knap­ping aan N­kand­la sal wees nie.”

Eerw. Ken­neth Mes­hoe, ACDP-lei­er, het ge­sê hy is ver­lig oor die tug­stap­pe wat weens die vei­lig­heids­op­knap­pings by N­kand­la teen tien amp­te­na­re ge­doen word.

Na­thi Nhle­ko

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.