Hy wil nie Gup­ta­lief­de hê, sê Da­vid Mak­hu­ra

Beeld - - Nuus - – Sa­rel van der Walt

Hy ska­kel nie met hul­le nie en is ook nog nooit na die Gup­ta-fa­mi­lie ge­nooi nie.

Daar­voor is hy baie dank­baar, sê Da­vid Mak­hu­ra, pre­mier van Gau­teng.

“Dis nie die soort lief­de wat ek wil hê nie!” het Mak­hu­ra gis­ter on­der ’n ge­lag in die Gau­teng­se wet­ge­wer in Jo­han­nes­burg ge­sê.

Die pre­mier sê die ANC in Gau­teng is teen kor­rup­sie en staat­skaping ge­kant.

Mak­hu­ra stem saam met die DA dat E­s­kom ’n mo­no­po­lie is.

“El­ke ont­wik­ke­lings­e­ko­no­mie het tot op ’n se­ke­re vlak mo­no­po­lieë soos dié no­dig, maar hul­le be­reik ’n vlak waar hul­le de­struk­tief raak as jy hul­le nie be­tyds om­vorm nie.

“E­s­kom kan nie ál­les be­heer nie om­dat dit ’n ge­vaar vir die e­ko­no­mie in­hou. Myns in­siens kan mu­ni­si­pa­li­tei­te by­voor­beeld help met die ver­sprei­ding van e­lek­tri­si­teit.”

Die pre­mier sê ra­di­ka­le e­ko­no­mie­se her­vor­ming in Gau­teng is be­lang­rik, maar be­na­druk dat die woord “ra­di­kaal” men­se nie moet af­skrik nie.

Hy meen ra­di­ka­le her­vor­ming moet ge­skied om die e­ko­no­mie vir meer men­se toe­gank­lik te maak en werk­ge­leent­he­de te skep.

“Hoe­wel ons die af­ge­lo­pe 23 jaar heel­wat vor­de­ring ge­maak het, is daar een­stem­mig­heid dat ar­moe­de, on­ge­lyk­heid en werk­loos­heid steeds ’n pro­bleem is.

“Al­mal be­sef daar is ’n be­hoef­te aan her­vor­ming. My in­druk is dat die pri­va­te sek­tor meer as be­reid is om met ons saam te werk as ons ver­dui­de­lik wat ons wil doen.”

Hy meen ra­di­ka­le e­ko­no­mie­se her­vor­ming is nie moont­lik son­der be­leg­gings in in­fra­struk­tuur nie.

“Ons het die mark­te en ’n doel­tref­fen­de staat no­dig. Dit be­te­ken die staat moet die ka­pa­si­teit hê.”

Die Na­si­o­na­le Ont­wik­ke­lings­plan is die rig­lyn.

.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.