Ku­ber­kra­kers eis los­prys van Dis­ney

Beeld - - Nuus - – Reu­ters

Ku­ber­kra­kers be­weer hul­le het toe­gang tot ’n fliek ge­kry waar­aan die Walt Dis­ney-maat­skap­py nog werk en ’n los­prys ge­ëis, het Bob I­ger, die uit­voe­ren­de hoof, ge­sê.

Die ku­ber­kra­kers het ge­ëis dat ’n groot be­drag in die di­gi­ta­le geld­een­heid bit­coin aan hul­le be­taal word, maar Dis­ney het ge­wei­er, be­rig Hol­ly­wood Re­por­ter.

In­tus­sen sê vei­lig­heids­na­vor­sers hul­le het teg­nie­se be­wy­se ge­vind wat daar­op dui dat Noor­dKo­rea moont­lik ver­ant­woor­de­lik kan wees vir die Wan­naCry-los­prys­wurm wat meer as 300 000 re­ke­naars in 150 lan­de ver­lam het.

Sy­man­tec en Kas­per­sky Lab sê die re­ke­naar­ko­de wat in Wan­naCry se sag­te­wa­re ge­bruik is, is die­self­de as wat deur die so­ge­naam­de La­za­rus-groep, ’n Noor­dKo­re­aan­se ku­ber­kra­ker­fak­sie, ge­bruik word.

Die aan­val be­hels dat re­ke­naars oor­ge­neem en ’n los­prys ge­ëis word om die ska­de on­ge­daan te maak.

Die kra­kers eis los­pry­se van tus­sen $300 en $600 in bit­coin om die ska­de te her­stel.

Tot dus­ver het die slag­of­fers so­wat $70 000 be­taal, sê Tom Bos­sert, pres. Do­nald Trump se vei­lig­heids­raad­ge­wer.

Maar geld is nie nood­wen­dig die kra­kers se mo­tief nie, sê Mat­thew Hic­ky van die B­rit­se maat­skap­py Hac­ker Hou­se.

“Ek dink hul­le het Wan­naCry ver­sprei om so­veel ska­de moont­lik aan te rig.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.