C­har­les weer op die been ná am­pu­ta­sie

Sien vir eer­ste keer in maan­de sy Di­a­na

Beeld - - Nuus - Seug­net van Zyl

Dank­sy ’n P­re­to­ri­a­se or­to­tis sal C­har­les, ’n bloukraanvoël, nie net weer op sy eie be­ne kan staan nie, maar vir die eer­ste keer in maan­de sy Di­a­na sien.

C­han­tel­le Uys en haar man, Fran­cois, het agt kraan­vo­ëls waar­mee hul­le op ’n klein­hoe­we in Mon­ta­na in die noor­de van P­re­to­ria teel.

“Hul­le is so gra­si­eus. Jy ver­kyk jou aan hul lief­des­ta­le,” sê C­han­tel­le oor die blou­kraan­vo­ëls se dans­pas­sies in broei­tyd.

Blou­kraan­vo­ëls het hul le­we lank net een maat.

Net C­har­les is mak. Hy is met die hand groot­ge­maak.

C­han­tel­le sê hy het in Fe­bru­a­rie op die een of an­der ma­nier sy lin­ker­been seer­ge­maak.

Dr. Do­ri­an­ne El­li­ot, hoof van die kli­niek vir vo­ëls en ek­so­tie­se die­re in die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria se fa­kul­teit vee­art­se­ny­kun­de, wou hom aan­vank­lik van kant maak toe C­han­tel­le en I­saac Ya­wa, wat on­der meer na die Uys-eg­paar se die­re om­sien, met die be­seer­de bloukraanvoël daar op­daag.

“Ons haat hul­le as pa­si­ën­te om­dat hul­le so ag­gres­sief en broos is, maar C­har­les is so ’n on­ge­loof­li­ke vo­ël. Hy is een in ’n dui­send.”

Van­weë C­har­les se rus­ti­ge ge­aard­heid het El­li­ot in­ge­stem om lie­wer sy le­we te spaar en eer­der net die be­seer­de been te am­pu­teer.

Hy is daar­na na ’n klei­ner kamp ver­skuif om sy be­we­gings te be­perk. Hy moes ge­volg­lik maan­de lank son­der sy Di­a­na klaar­kom.

In dié tyd moes hy ’n stut dra.

Wer­ner S­mit, ’n or­to­tis, het toe in­ge­stem om C­har­les weer op die been te kry.

Dit was die heel eer­ste keer dat hy vir ’n vo­ël ’n prostese moes maak, en hy het dit gra­tis ge­doen.

Hy sê C­har­les is ver­re­weg sy bes­te pa­si­ënt.

“Hy is ’n le­gen­de. Dit was lek­ker om iets an­ders te maak.”

C­har­les het gis­ter sy kuns­been ge­kry.

Ya­wa het hom vas­ge­hou ter­wyl C­han­tel­le hom sag­gies op sy kop ge­soen en ge­vryf het.

Ya­wa sê C­har­les is soos een van sy kin­ders.

Hy het tel­kens ge­lag as ie­mand te na aan C­har­les kom en dan skrik. “Hy sal jou niks maak nie.”

El­li­ot en S­mit het die prostese ge­pas en toe ’n bie­tjie kor­ter ge­sny.

C­har­les is toe reg­op ge­help, waar­na hy sy eer­ste treë met die nu­we been ge­loop het.

El­li­ot sê hul­le sal hom vir eers mooi moet dop­hou om se­ker te maak dat daar nie ’n druk­seer vorm nie.

I­saac Ya­wa hou C­har­les vas ter­wyl C­han­tel­le Uys, sy werk­ge­wer en die bloukraanvoël se ei­e­naar, toe­kyk. Fo­to: DEAAN VIVIER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.