Vrou sê skoot wás ’n on­ge­luk

Hy mag haar dalk nou be­soek

Beeld - - Nuus - Seug­net van Zyl

Die vrou wat so­wat ’n week ge­le­de deur haar veearts-man in hul plaas­huis tus­sen Del­mas en Bronk­horst­spruit in die buik ge­skiet is, sê dit wás ’n on­ge­luk.

Dit blyk uit die ver­kla­ring wat die po­li­sie Maan­dag­mid­dag by Try­sie Co­le­man (58) in die Mil­park-hos­pi­taal in Jo­han­nes­burg af­ge­neem het.

Kapt. Ja­kes Ja­cobs, be­vel­voer­der van die Del­mas-po­li­sie­kan­toor, het gis­ter ge­sê daar­om sal haar man, dr. Jes­se Co­le­man (69), nie ver­volg word nie.

“Daar is geen gron­de vir ’n in­heg­te­nis­ne­ming nie. Geen mis­daad word ver­moed nie.”

Ja­cobs sê die klag van po­ging tot moord wat ná die voor­val aan­han­gig ge­maak is, word wel steeds on­der­soek.

“Fo­ren­sie­se ver­slae en die uit­slae van bal­lis­tie­se toet­se is nog uit­staan­de.”

Mi­ke Bol­huis, pri­va­te speur­der en woord­voer­der van haar fa­mi­lie, het Maan­dag ge­sê Try­sie het haar be­wus­syn die na­week her­win.

Haar man het haar voor­ver­le­de Vry­dag in die vroeë og­gend­u­re in die buik ge­skiet.

Dr. Co­le­man het ver­le­de week in ’n ver­kla­ring ge­sê: “Dit was ’n ver­skrik­li­ke on­ge­luk en ek kan nie op­hou dink aan die pyn en ly­ding wat my vrou deur­maak as ge­volg daar­van of die ge­vaar waar­in sy ver­keer nie.”

Hy sê die huis se a­larm het af­ge­gaan en op die pa­neel is aan­ge­dui dat daar ’n in­drin­ger na­by die slaap­ka­mer­deur was.

“Try­sie en ek het ’n re­ë­ling dat nie een van ons die slaap­ka­mer in die nag sal ver­laat son­der om die an­der een wak­ker te maak nie. Toe ek uit ’n diep slaap wak­ker word, het ek nie vir ’n oom­blik ge­dink dat my vrou per on­ge­luk die a­larm laat af­gaan het nie.”

Dr. Co­le­man sê hy het sy vuur­wa­pen ge­gryp en na die slaap­ka­mer­deur ge­gaan.

“Ek het ge­hui­wer ter­wyl ek ge­wag het dat ’n aan­val­ler by die deur in­kom, maar niks het ge­beur nie. Ek het eg­ter ge­weet dat daar ie­mand tus­sen die a­larm se pas­sie­we in­fra­rooi ver­klik­ker en die slaap­ka­mer­deur moes wees.”

Dr. Co­le­man het die vuur­wa­pen in die reg­ter­hand ge­had en die deur met die lin­ker­hand oop­ge­maak.

“Toe ek dít doen, het ’n fi­guur in die don­ker op my af­ge­pyl en ek het in­stink­tief ’n skoot af­ge­vuur om my vrou en my­self te be­skerm.”

Dr. Co­le­man sê die vol­gen­de oom­blik het Try­sie ge­gil en op hom ge­val.

Vol­gens Bol­huis sal die hof­be­vel wat deur Try­sie se fa­mi­lie teen dr. Co­le­man be­kom is om hom te ver­hin­der om Try­sie in die hos­pi­taal te be­soek nou moont­lik ook op­ge­hef word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.