Seks­klag kan tot skor­sing van Sas­kok se hoof lei

Beeld - - Nuus -

’n Vrou­li­ke werk­ne­mer van die Suid-A­fri­kaan­se S­port­kon­fe­de­ra­sie en O­lim­pie­se Komitee (Sas­kok) be­weer Tub­by Red­dy, die or­ga­ni­sa­sie se uit­voe­ren­de hoof, het haar met sek­su­e­le e­lek­tro­nie­se bood­skap­pe ge­teis­ter.

Red­dy ont­ken dit ten sterk­ste en sê dis die eer­ste keer dat hy daar­van hoor.

Die vrou het drie we­ke ge­le­de by die Sas­kok-raad ge­kla dat Red­dy vir haar sug­ges­tie­we bood­skap­pe ge­stuur het en haar by tye daar­van weer­hou het om haar werk te doen.

Die raad sê hy het reeds regs­ad­vies in­ge­win en sal Maan­dag oor ver­de­re stap­pe ver­ga­der. Red­dy kan moont­lik ge­skors word.

“Daar is ’n amp­te­li­ke klag van sek­su­e­le teis­te­ring teen Tub­by Red­dy in­ge­dien en ons het regs­ad­vies in­ge­win oor die ver­ant­woor­de­lik­ste ma­nier om die saak te han­teer,” het Gi­de­on Sam, pre­si­dent van Sas­kok, be­ves­tig.

“Die raad moet nou stem oor hoe ons teen hom sal op­tree.”

Red­dy het ge­sê hy ont­ken e­ni­ge en al­le klag­te en is to­taal stom­ge­slaan oor die aan­ty­ging.

“Dit is nooit on­der my aan­dag ge­bring nie en ook nie on­der die aan­dag van die men­se­hulp­bron­de­par­te­ment nie. Ek is selfs meer ver­stom dat die pre­si­dent (Sam) die klag­te be­ves­tig het.”

Red­dy sê hy gaan sy pro­ku­reur raad­pleeg.

Dit is nie die eer­ste keer dat Red­dy ne­ga­tief met ’n Sas­kok­werk­ne­mer ver­bind word nie. In 2014 is be­rig dat Red­dy ’n ver­hou­ding ge­had het met sy per­soon­li­ke as­sis­tent, wat ná net twee maan­de as Sas­kok-ont­vangs­da­me na sy kan­toor ge­skuif is en op tal­le bui­te­land­se rei­se saam met hom was.

Die vrou het haar be­dan­king glo in­ge­dien en­ke­le ure na­dat Red­dy se vrou haar ge­kon­fron­teer het.

Na ver­neem word, vra Sas­kok se fi­nan­si­ë­le komitee ook vrae oor nu­we vei­lig­heids­ka­me­ras wat by Sas­kok se hoof­kan­toor in Jo­han­nes­burg ge­ïn­stal­leer is en of ’n ten­der­pro­ses ge­volg is.

’n Groot aan­tal fe­de­ra­sies het boon­op laat ver­le­de jaar teen­oor ’n Sas­kok-raads­lid aan­ge­dui dat hul­le on­te­vre­de is met die or­ga­ni­sa­sie se be­stuur.

Red­dy het toe ’n brief ge­skryf waar­in hy die fe­de­ra­sies ge­vra het om hul on­te­vre­den­heid di­rek met hom te be­spreek.

Op ’n per­so­neel­ver­ga­de­ring ver­le­de week het Red­dy ge­sê hy gaan nê­rens heen nie.

“Ek is steeds die man in be­heer en ek be­taal jul sa­la­ris­se,” het hy vol­gens ’n bron in Sas­kok ge­sê.

Tub­by Red­dy Fo­to: GALLO

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.