ISS oor ka­ping: Lug­ha­wens kan mis­daad­kwel­pun­te word

Beeld - - Nuus - Si­mon Son­ne­kus

Ge­wa­pen­de mis­da­de in SuidA­fri­ka het met dui­sen­de ge­val­le toe­ge­neem, sê Ga­reth Ne­w­ham, hoof van die In­s­ti­tuut van Se­ker­heid­stu­die (ISS) se af­de­ling vir re­ge­ring, mis­daad en ge­reg­tig­heid.

Vol­gens hom is 101 000 ge­wa­pen­de roof­tog­te, wat ka­pings in­sluit, in 2011-’12 by die po­li­sie aan­ge­meld. In 2016 is 132 527 ge­val­le aan­ge­meld.

“Dit is by­kans 88 voor­val­le ’n dag meer as vier jaar ge­le­de,” sê Ne­w­ham.

Ge­val­le soos dié eer­gis­ter­mid­dag waar ’n man in Kemp­ton Park op pad na die O.R. Tam­bo­lug­ha­we in ’n ka­ping dood­ge­skiet is, is geen­sins ’n nu­we ver­skyn­sel nie.

Die oor­le­de­ne het sa­ke­men­se in ’n bus­sie na die lug­ha­we ver­voer.

“Daar is al die ja­re nog ’n pro­bleem dat ro­wers toe­slaan op men­se wat na en van die lug­ha­we af kom. Dit lyk eg­ter as­of dié ten­dens aan die ver­er­ger is met die toe­na­me in ge­wa­pen­de roof­tog­te.

“P­lek­ke soos lug­ha­wens kan met hier­die toe­na­me mis­daad­kwel­pun­te word.”

B­rig. Sal­ly de Beer, na­si­o­na­le po­li­sie­woord­voer­der, sê die be­stuur­der van die Hyun­dai H1bus­sie was eer­gis­ter om­streeks 16:30 met ses sa­ke­men­se na die lug­ha­we op pad.

Vol­gens die po­li­sie se voor­lo­pi­ge on­der­soek is die slag­of­fer deur twee mo­tors, waar­on­der ’n swart Volks­wa­gen Golf, in­ge­hok toe hy op die snel­weg by die af­rit na die lug­ha­we wou af­draai.

Die be­stuur­der het aan­hou ry en is toe nood­lot­tig ge­wond.

Die ben­de het daar­na met al ses in­sit­ten­des in die Hyun­dai weg­ge­jaag, sê De Beer.

Hul­le het die pas­sa­siers van hul sel­fo­ne en an­der be­sit­tings be­roof voor­dat hul­le in R­ho­des­field in Kemp­ton Park af­ge­laai is.

B­rig. Vish Nai­doo, ook ’n na­si­o­na­le po­li­sie­woord­voer­der, sê die i­den­ti­teit van die slag­of­fer kan nie be­kend ge­maak word tot­dat die fa­mi­lie van sy dood in ken­nis ge­stel is nie. Hy het ook be­ves­tig dat nie­mand nog in ver­band met die moord in heg­te­nis ge­neem is nie.

Nai­doo sê dit is jam­mer dat die lug­ha­we nou met die ka­ping ver­bind word.

“Daar was nog al­tyd deeg­li­ke di­a­loog tus­sen die lug­ha­we, die po­li­sie en vei­lig­heids­maat­skap­py oor vei­lig­heids­maat­re­ëls.”

Leigh Gun­kel-Keu­ler, woord­voer­der van die O.R. Tam­bo-lug­ha­we, word o­pe­ra­si­o­ne­le ver­ga­de­rings oor vei­lig­heid ge­reeld ge­hou.

“Ons is ont­steld oor wat ge­beur het, ver­al om­dat die lug­ha­we ’n na­si­o­na­le sleu­tel­punt is.

“Dié voor­val en voor­val­le waar men­se van die lug­ha­we af ge­volg word, is al en sal op toe­koms­ti­ge ver­ga­de­rings be­spreek word.

“Ons sal aan­hou om saam met die po­li­sie te werk om vei­lig­heids­maat­re­ëls by die lug­ha­we te ver­skerp.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.