‘Rit in vang­wa kon nie tot dié won­de lei’

Beeld - - Nuus - A­let van der Walt

’n Rit ag­ter­in ’n po­li­sie­bak­kie sou nie die be­se­rings ver­oor­saak het wat die twee slag­of­fers in die Pa­rys-moord­saak op­ge­doen het nie.

Dit is wel moont­lik dat die rit hul be­se­rings kon ver­er­ger, het dr. Bu­ang Lai­ri, staat­spa­to­loog, gis­ter in die rond­gaan­de hof in Pa­rys op ’n vraag van reg­ter Cor­né van Zyl ge­tuig.

Ses mans word van moord op Si­mon Ju­be­ba (37) en Sa­mu­el T­jixa (28) aan­ge­kla: Boe­ta van der West­hui­zen (47), sy seun, Loe­die (19), en skoon­seun, Mie­la Jan­sen van Vuur­en (23), An­ton Log­gen­berg (50) en sy seun, Cor (20), en kapt. Henk Prins­loo (47).

Gis­ter­og­gend is ’n on­der­soek ter plaat­se ge­doen op die plek waar T­jixa en Ju­be­ba op 6 Ja­nu­a­rie 2016 na be­we­ring so ge­slaan is dat hul­le la­ter ge­sterf het.

Loe­die van der West­hui­zen sr., Boe­ta se pa, be­weer T­jixa en Ju­be­ba wou hom op die plaas Bie­sies­bult aan­val. Loe­die sr. het ’n nood­knop­pie ge­druk.

Die twee mans het weg­ge­hard­loop. ’n Groep boe­re en ge­meen­skaps­le­de het hul­le op die na­bu­ri­ge plaas Swart­klip ge­vang.

Sers. Ger­hard Key­ser het vroe­ër ge­tuig hy het die twee be­wus­te­lo­se mans daar­die aand ag­ter­in ’n po­li­sie­vang­wa ge­laai en ’n am­bu­lans uit Pa­rys te­ge­moet ge­ry, want hul be­se­rings was baie erns­tig en die plaas was moei­lik be­reik­baar.

Op ’n vraag van adv. Ja­bu­la­ni

Mlotshwa, vir die staat, het Lai­ri ge­ant­woord as die bak­kie daar­die aand teen die­self­de spoed as gis­ter ge­ry het, glo hy nie dit kon e­ni­ge be­se­rings ver­oor­saak het nie.

T­jixa se broer, E­li­as, het die to­neel saam met die hof be­soek.

Dit was vir hom moei­lik om

na die plek te kom waar sy broer en Ju­be­ba, sy boe­sem­vriend, so erg aan­ge­rand is.

E­li­as is self in Pa­rys se hos­pi­taal op­ge­neem vir ’n knie­be­se­ring, maar hy het eers la­ter uit­ge­vind sy broer is op 7 Ja­nu­a­rie daar oor­le­de. Hy het net ’n paar sa­le ver­der ge­lê, sê hy.

Reg­ter Cor­né van Zyl en adv. Ja­bu­la­ni Mlot­hswa, vir die staat, kyk na die to­neel waar Ko­bus Bur­ger, vir die ver­de­di­ging, be­skryf waar die mans vol­gens hom aan­ge­keer is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.