Hen­ri se op­roep ná moor­de ‘klink nie eg’

Beeld - - Nuus - Ja­na B­rey­ten­bach

Die eer­ste in­druk wat Ja­ni­ne P­hi­lan­der ge­kry het toe sy Hen­ri van B­re­da se op­roep na die nood­diens­af­de­ling van die Kaap­stad-me­tro ge­ant­woord het, was dat dit ’n fopop­roep was.

“Hy was ’n bie­tjie wei­fel­ag­tig en daar was iets snaaks aan sy stem,” het sy gis­ter in die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad ge­tuig.

Sy het die op­roep op 27 Ja­nu­a­rie 2015 om­streeks 07:12 ont­vang.

Van B­re­da was “rus­tig en be­hulp­saam” toe sy per­soon­li­ke in­lig­ting van hom vra.

Dit het haar ge­pla dat hy al haar vrae kon be­ant­woord. Dit was vir haar vreemd om­dat men­se wat in nood ver­keer ge­woon­lik his­te­ries, ver­geet­ag­tig en ge­ïr­ri­teerd is, het sy ge­tuig.

“Hier­die was ’n lang op­roep, lan­ger as 20 mi­nu­te.”

P­hi­lan­der het aan Van B­re­da ge­sê sy gaan die po­li­sie bel in ’n po­ging om te be­ves­tig dat dit nie ’n fopop­roep is nie.

“Ge­woon­lik as ons sê dat ons die po­li­sie gaan bel, sal die men­se die op­roep be­ëin­dig, maar hy het nie.”

Van B­re­da staan te­reg weens die moord op sy ou­ers, Mar­tin en Te­re­sa, en broer, Ru­di, en po­ging tot moord op sy sus­ter, Mar­li.

Hy voer aan ’n in­bre­ker het sy ge­sin in hul huis op die De Zal­ze-gholf­land­goed bui­te S­tel­len­bosch met ’n byl aan­ge­val.

Die vo­ri­ge nag was ’n “ru­moe­ri­ge ba­klei­e­ry met ’n ag­gres­sie­we on­der­toon” hoor­baar in die Van B­re­da-huis, het ’n des­tyd­se buur­vrou, S­te­pha­nie op’t Hof, ge­tuig.

Sy, haar man en twee seuns het tot ein­de 2015 oor­kant die Van B­re­da’s se huis ge­woon.

“Van 22:00 tot ná 00:00 het ek har­de stem­me ge­hoor, ’n klomp man­stem­me, wat soos ’n ru­sie ge­klink het. Ek het ge­skrik.”

Sy kon nie hoor wat die men­se sê nie en kan nie sê hoe­veel stem­me sy ge­hoor het nie. Sy het geen vrou­e­stem ge­hoor nie.

Sy het nie op­ge­staan om te gaan kyk wat aan­gaan nie. “Ek wou nie be­trok­ke raak nie en wou hul­le hul pri­vaat­heid gee.”

Adv. Matthys Com­brink, vir die ver­de­di­ging, het aan Op’t Hof ge­sê die ge­sin het met ’n nu­we klank­stel­sel na S­tar Trek II ge­kyk en dit is die stem­me wat sy ge­hoor het. Op’t Hof het ge­sê hoe­wel sy die rol­prent nie ge­sien het nie, ken sy die mu­siek en dit was be­slis nie ’n rol­prent wat sy ge­hoor het nie.

Ja­ni­ne P­hi­lan­der Fo­to: JA­CO MA­RAIS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.