Man op plaas ver­moor en sy vrou ge­wond

Beeld - - Nuus - – Ü­gen Vos

’n Man is gis­ter­aand in ’n plaas­aan­val na­by San­nies­hof dood­ge­skiet en sy vrou ge­wond.

Vol­gens A­friForum is B.C. G­rey­ling ver­moor en sy vrou, Mar­let­te, ge­wond.

Sers. Ke­le­bo­gi­le Mo­le­ko, po­li­sie­woord­voer­der, wou die na­me nie be­ves­tig nie.

Vol­gens Mo­le­ko was ’n be­jaar­de vrou ook in die huis.

Die drie aan­val­lers het om­streeks 19:35 toe­ge­slaan.

Hul­le het Mar­let­te eers ge­skiet en haar man toe nood­lot­tig ge­wond.

Hul­le het in die eg­paar se wit Toyo­ta-dub­bel­ka­juit­bak­kie met die re­gis­tra­sie-nom­mer FKZ 248 NW ge­vlug.

Ma­ri­us M­ül­ler, lid van A­friForum, het gis­ter­aand ge­sê le­de van hul buurt­wag pro­beer die aan­val­lers ook op­spoor.

Vol­gens A­friForum het die aan­val­lers ver­moe­de­lik in die rig­ting van Ot­tos­dal ge­vlug. ’n He­li­kop­ter is van K­lerks­dorp ont­bied om na hul­le te soek.

Die po­li­sie se blits­pa­trol­lie is ook in­ge­roep om die moor­de­naars te help soek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.