Kyk al die stro­pers! Kyk al die trek­kers!

Beeld - - Nuus -

By­na 700 uit­stal­lers, meer as 75 000 men­se en net een plek. En baie groot, duur trek­kers en stro­pers.

Boe­re en sa­ke­lui vlieg van oor die wê­reld heen in om op die Nam­po-oes­fees bui­te Bot­ha­vil­le, wat gis­ter be­gin het, nu­we, mo­der­ne teg­no­lo­gie te sien, sa­ke te doen en die hart­klop van boer­de­ry te be­leef.

Die boe­re wat hier koop se beur­sies is spek­vet. Die mie­lie­oes lyk goed ná die re­ën. Mil­jar­de ran­de word van­jaar hier be­stee.

Die groot­ste stro­per wat die groot saai­boe­re se har­te sui­wer mie­lies laat pomp, is die Ca­se In­ter­na­ti­o­nal 9240-ko­los met rus­per­ban­de.

Dis ’n bie­lie van ’n mie­lie­vre­ter dié.

En hy is net een van ’n paar su­per­trek­kers en -stro­pers wat in­ter­na­si­o­na­le maat­skap­pye, soos John Dee­re, Ca­se, New Hol­land en Mas­sey Fer­gu­son, ver­toon.

Dis dié mon­sters wat help om Suid-A­fri­ka van kos te voor­sien.

Ko­bus Ol­wa­gen, pro­duk­be­stuur­der vir stro­pers by Ca­se, sê dit is die eer­ste keer dat ’n rus­per­band­stro­per in SuidA­fri­ka te kry is.

Met sy 416 kW- en 16 li­ter­en­jin sal ie­mand diep sak­ke met lang arms moet hê om dit te be­kos­tig.

“Jy sal so R6,789 mil­joen plus be­las­ting hier­voor moet be­taal,” sê Ol­wa­gen.

Dié stro­per met ’n graan­tenk­in­houd van 14 400 li­ter en wat graan teen 159 li­ter per se­kon­de ont­laai, het ou­to­ma­tie­se lei­ding wat dit moont­lik maak dat dit deur sa­tel­lie­te ge­lei word.

“Ons het al vyf warm be­lang­stel­len­des hier by Nam­po ge­kry en dié een waar­na jy

kyk, is klaar ver­koop.” Dít slegs ’n paar uur na­dat die oes­fees be­gin het.

So­wat 88% van be­soe­kers kom Nam­po toe om na nu­we pro­duk­te, soos dié stro­per, te kyk en 54% van die be­soe­kers kom om land­bou-in­lig­ting te kry.

Met bin­nens­hui­se uit­stal­ruim­tes van 17 060 m² en bui­te­uit­stal­ruim­tes van 209 230 m², be­stuur die ter­rein sy eie e­lek­tri­si­teits­ver­sprei­ding, wa­ter­toe­voer, ri­ool­net­werk en vul­lis­ver­wy­de­ring.

Die hoof­wa­ter­toe­voer is

4,2 km lank en so­wat 450 000 li­ter

per dag word hier ver­bruik. Die leng­te van die ri­ool­net­werk is 4,9 km.

Die ge­tal be­soe­kers se­dert 2000 (50 400) het die af­ge­lo­pe 17 jaar met meer as 25 000 toe­ge­neem (75 116 in 2016).

Die oes­fees duur tot oor­mô­re.

Dy­lan Faul (12) van Wel­kom by die Ca­se In­ter­na­ti­o­nal 9240­rus­per­band­stro­per wat op die Nam­po­oes­fees uit­ge­stal word. Dit is die eer­ste keer dat dié stro­per – teen R6,780 mil­joen plus be­las­ting – in SuidA­fri­ka be­skik­baar is. Fo­to: MLUNGISI LOUW

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.