Kaal voe­te in win­ter ont­roer

Beeld - - Nuus - Sim­vuy­e­le Ma­ge­za

In al die ja­re wat El­sie Mo­se­ha­na win­ter­kle­re vir be­hoef­ti­ge kin­ders in­sa­mel en skenk, was Maan­dag­og­gend vir haar die erg­ste.

Op dié koue dag was daar kin­ders wat nie net kaal­voet nie, maar met baie dun kle­re aan skool toe moes gaan.

“Dit was so koud en daar was la­er­skool­kin­ders wat kaal­voet ge­loop het. Dit was erg,” sê sy.

Mo­se­ha­na han­teer ad­mi­nis­tra­sie in die Tshwa­ne-U­ni­ver­si­teit van Teg­no­lo­gie se af­de­ling stu­den­te­lei­er­skap en ont­wik­ke­ling, wat deur­lo­pend skoe­ne in die ge­meen­skap in­sa­mel en dit skenk aan kin­ders wat dit die no­dig­ste het.

Hul­le het Maan­dag 86 pa­re skoe­ne by sko­le in Win­ter­veld, noord van P­re­to­ria, en K­lip­gat in Noord­wes gaan uit­deel.

“Ons hoor by die ge­meen­skap­pe in en om Sos­han­gu­ve waar die groot­ste nood is. Ons kry dan dié kin­ders se na­me en skoen­groot­te by hul skool,” sê Mo­se­ha­na.

“Die kin­ders word dan kan­toor toe ge­roep so­dra hul pak­kies reg is. Ons ver­kies om die skoe­ne self te gee pleks daar­van om dit net by die kan­toor te los en die skool te ver­trou om dit te doen. An­ders weet jy nooit of die kin­ders hul skoe­ne ge­kry het nie.

“My hart het ge­breek – ek dink ek gaan dit van­jaar ’n bie­tjie ver­der as net skoe­ne neem. Die kin­ders het ook met dun kort­broe­ke aan rond­ge­hard­loop. Ons gaan nou ook kle­re pro­beer kry, al is dit net ’n broek of twee vir el­ke kind.”

Leer­lin­ge aan die Ma­di­di P­ri­ma­ry S­chool in K­lip­gat het Maan­dag skoe­ne ge­kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.