Trump ont­ken aan­ty­gings oor Rus­se

Beeld - - Nuus - – Reu­ters

Pres. Do­nald Trump van die VSA het gis­ter sy be­sluit ver­de­dig om op ’n ver­ga­de­ring ver­le­de week in­lig­ting aan Rus­sie­se amp­te­na­re te o­pen­baar.

Trump sê hy het ’n “ab­so­lu­te reg” om “fei­te oor ter­reur en vlieg­vei­lig­heid” te deel.

Trump het op Twitter te­rug­ge­kap ná kri­tiek van on­der meer Re­pu­bli­kei­ne na­dat be­weer is dat hy hoogs ge­klas­si­fi­seer­de in­lig­ting oor ’n be­plan­de o­pe­ra­sie van die ter­reur­groep I­sis ge­o­pen­baar het.

Twee A­me­ri­kaan­se amp­te­na­re sê Trump het die in­lig­ting wat deur ’n bond­ge­noot van die VSA in die stryd teen I­sis ver­skaf is, ge­deel met Ser­gei La­wrof, Rus­sie­se mi­nis­ter van bui­te­land­se sa­ke, en Ser­gei Kis­li­ak, Rus­sie­se am­bas­sa­deur, op ’n ver­ga­de­ring ver­le­de

Ek het ’n ab­so­lu­te reg om fei­te oor ter­reur te deel

— PRES. DO­NALD TRUMP

Woens­dag.

Die ont­hul­ling Maan­dag het die A­me­ri­kaan­se ad­mi­nis­tra­sie ver­steur ter­wyl hy nog die re­ak­sie ná die af­dan­king van Ja­mes Co­mey as FBI-hoof deur Trump op 9 Mei pro­beer be­stuur.

Co­mey het ’n on­der­soek ge­doen na moont­li­ke ska­ke­ling tus­sen Rus­land en Trump se ver­kie­sings­veld­tog in 2016.

Rus­land ont­ken die aan­ty­gings van in­men­ging en Trump is ook nie te vin­de vir e­ni­ge aan­spra­ke dat hy sy oor­win­ning op 8 No­vem­ber ver­le­de jaar aan Mo­s­kou te dan­ke het nie.

“As pre­si­dent wou ek met Rus­land (op ’n ge­ske­du­leer­de Wit­huis-ver­ga­de­ring) in­lig­ting deel waar­van ek die ab­so­lu­te reg het, fei­te wat ver­band hou met ter­reur en die vlieg­vei­lig­heid van lug­diens­te,” het Trump ge­twiet.

“Hu­ma­ni­tê­re re­des, plus ek wil hê Rus­land moet sy stryd teen I­sis en ter­reur aan­sien­lik op­skerp.”

Trump se twiets volg na­dat Rex Til­ler­son, sy mi­nis­ter van bui­te­land­se sa­ke, en die na­si­o­na­le vei­lig­heids­ad­vi­seur, H.R. M­cMas­ter, in ver­kla­rings ge­sê het geen bron­ne, me­to­des of mi­li­tê­re o­pe­ra­sies is op die ver­ga­de­ring met die Rus­se be­spreek nie.

Die K­rem­lin het Trump gis­ter ver­de­dig en sê be­rig­te dat Trump ge­klas­si­fi­seer­de in­lig­ting ont­hul het, is “to­ta­le non­sens”.

Ser­gei La­wrof van Rus­land en pres. Do­nald Trump. Fo­to: REU­TERS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.