Man ont­hoof sy ma op Moe­ders­dag

Beeld - - Nuus - – News24Wi­re, AP

’n Man wat sy ma op Moe­ders­dag in die lan­de­li­ke de­le van O­re­gon in die VSA ver­moor het, het by ’n krui­de­niers­win­kel in ’n na­bu­ri­ge dorp in­ge­stap met ’n mens se af­ge­kap­te kop en ’n win­kel­as­sis­tent met ’n mes ge­steek voor­dat hy oor­rom­pel kon word, sê die o­wer­heid.

Po­li­sie­be­amp­tes het vas­ge­stel dat die kop sy ma s’n is, het die San­dy-po­li­sie­kan­toor be­ves­tig.

Jos­hua Lee Webb (36) is Maan­dag van moord en po­ging tot moord aan­ge­kla ter­wyl ’n lyk­skou­ing op Ti­na Ma­rie Webb (59) uit­ge­voer is.

Die be­skul­dig­de moet nog in die hof ver­skyn.

Die gru­sa­me moord en die mes­aan­val het in twee dor­pies suid van Port­land ge­beur.

Baie men­se in Esta­ca­da ken die win­kel­as­sis­tent wat aan­ge­val is, Mi­cha­el Wag­ner (66).

Da­vid Webb, die ver­dag­te se pa, suk­kel om sy vrou se dood en sy seun se in­heg­te­nis­ne­ming te ver­werk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.