As kol­lek­tief is ANC pa­ra­no­ïes

Beeld - - Kommentaar - R­ho­da Ka­da­lie

Ban­tu Ho­lo­mi­sa, UDM-lei­er, het baie moei­te ge­doen om ANC-le­de te werf om aan ’n ge­hei­me par­le­men­tê­re stem­ming deel te neem om pres. Ja­cob Zu­ma te ont­se­tel. Et­li­ke vo­ri­ge wan­trou­e­mo­sies deur die op­po­si­sie­par­tye het mis­luk en hul­le be­hoort al te weet as punt­jie by paal­tjie kom, trek die ANC in sy la­er te­rug, on­ge­ag hoe hul­le me­kaar ver­ag.

In­ter­ne me­nings­ver­skil is wel on­ge­twy­feld by kook­punt, maar nie­mand sal Zu­ma, wat die kol­lek­tie­we ge­ves­tig­de be­lan­ge van die par­ty be­lig­gaam, ver­raai nie. Ek won­der wat Ho­lo­mi­sa laat dink het hier­die een sou slaag.

Twee we­ke ge­le­de het ek en Bill John­son in ’n de­bat ge­sê die ANC sal nooit ’n “staats­greep” toe­laat nie, want hul­le weet die gom wat hul­le saam­bind, is hul be­hoef­te om die e­ko­no­mie te be­heer om hul uit­spat­ti­ge le­wen­sty­le te waar­borg.

T­wee­dens is die ANC as ’n kol­lek­tief, en selfs die­ge­ne wat nie van Zu­ma hou nie, pa­ra­no­ïes oor e­ni­ge moont­li­ke op­po­si­sie­se­ge. Der­hal­we is ge­sprek­ke tans aan die gang oor hoe om Zu­ma eer­baar te laat uit­tree, selfs moont­lik deur die klag­te teen hom te laat vaar net so­dat hy stil­weg sal gaan.

Om aan die op­po­si­sie die eer te be­sorg dat hul­le van Zu­ma ont­slae ge­raak het, as die ANC so mak­lik die eer daar­voor op ’n (goue) skink­bord kan kry, sou wees om die top­punt van swak­heid te ver­toon. Die ANC sal eer­der, fou­te en al, her­or­ga­ni­seer as om aan die op­po­si­sie ’n se­ge te be­sorg. Daar­om word daar­op ge­sin­speel dat Ju­li­us Ma­le­ma ver­ge­we en na die boe­sem te­rug­ver­wel­kom sal word om ’n par­ty op die af­draan­de pad te ver­sterk.

Nog meer kom­mer­wek­kend is dat die pro­tes­be­we­gings hul­le sal help. Hul­le glo steeds in die goed­heid van die ANC en dat hy ge­re­ha­bi­li­teer kan word, pleks van om die ein­ste i­de­o­lo­gie­se grond­be­gin­sels te be­vraag­te­ken waar­op die par­ty se man­daat ge­grond is.

Die ANC se stra­te­gie- en tak­tiek­do­ku­ment toon die par­ty se struk­tu­re­le te­kort­ko­min­ge is diep in­ge­bed. Die mo­re­le ver­ont­waar­di­ging van die pro­tes­be­we­gings gaan ba­sies oor hul be­hoef­te aan ’n par­ty son­der Zu­ma, as­of hy die e­nig­ste s­loop­bal in die om­trek is. Die­ge­ne wat Zu­ma se guns­te ty­dens die vo­ri­ge ad­mi­nis­tra­sie ge­niet het, sal te­rug­keer om weer by die krip te vreet.

En moet tog nie die DA as ’n al­ter­na­tie­we re­ge­ring oor­weeg nie, dan word jy vir ras­sis­ties en regs uit­ge­kryt. Dit is hoe­kom die de­sta­bi­li­se­ring van Her­man Mas­ha­ba in Gau­teng voort­gaan son­der dat hier­die be­we­gings ’n vin­ger ver­roer. Sy nug­te­re en nie-kor­rup­te be­stuur van Jo­han­nes­burg tart die links­ge­sin­des uit, om­dat hul­le nie swart DA-le­de met hou­ding en wat goed re­geer waar­deer nie.

In die Kaap gaan Zackie A­ch­mat en sy tra­wan­te en towns­hip-skok­troe­pe, met hul toe­gang tot bui­ten­spo­ri­ge O­pen So­cie­ty-fi­nan­sie­ring, voort met hul on­der­my­ning van die de­mo­kra­tie­se pro­vin­si­a­le en plaas­li­ke re­ge­ring. Hul e­nig­ste doel is om die ANC weer aan die be­wind te kry. S­kie­lik wil min. Lin­di­we Si­su­lu die Wes-Kaap­se re­ge­ring hof toe vat oor ’n voor­ma­li­ge skool in See­punt wat vol­gens die ANC vir maat­skap­li­ke be­hui­sing in ’n oor­be­volk­te a­rea aan­ge­wend moet word, ter­wyl die ver­waar­lo­sing van Dis­trik Ses ’n rasses­kan­de is.

On­ge­ag die ANC se on­ver­moë om te re­geer en sy swak pres­ta­sie in die OosKaap en an­der pro­vin­sies, word hy ge­steun deur die ein­ste bur­ger­li­ke sa­me­le­wings­lei­ers wat oor die mis­luk­king van on­der­wys en diens­le­we­ring kla. Die ANC is ’n kor­rup­sie­mon­ster waar­mee ons el­ke dag te kam­pe het. Dit is hoe­kom adj.pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa en N­ko­sa­za­na Dla­mi­ni-Zu­ma se ver­ve­li­ge ti­ra­des oor ra­di­ka­le e­ko­no­mie­se trans­for­ma­sie so on­oor­tui­gend is.

Ka­da­lie is ’n men­se­reg­te­ak­ti­vis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.