Bul­le se on­der­steu­ners boi­kot net Nol­lis en kie

Beeld - - Kommentaar -

Brahm du P­reez, Pa­rys

Gert van der West­hui­zen het die kat aan die stert beet­ge­had in sy ru­briek in gis­ter se Beeld, waar hy aan­voer die Bul-on­der­steu­ners bly weg van Lof­tus om­dat die span suk­kel.

Dit is ’n oor­ver­een­vou­di­ging van ’n saak wat dui­de­lik deur ie­mand saam­ge­stel is wat nie die hart van die ge­mid­del­de Bulon­der­steu­ner ken nie.

Ja­re lank was dit be­kend dat die Blou Bul­le Rug­by­u­nie die bes­te ta­lent in die land op­raap (en in die pro­ses dik­wels sy eie ta­lent in die u­nie mis­kyk – maar dis ’n de­bat vir ’n an­der dag).

Met die ta­lent tot sy be­skik­king be­hoort die u­nie op el­ke ou­der­doms­vlak te pres­teer en eint­lik die on­der­skeie kom­pe­ti­sies te wen.

Vir Nol­lis Ma­rais om te ver­wys na sy suk­ses met die ju­ni­or span­ne is nie ’n ge­tuig­skrif van sy ver­mo­ëns nie. As jy nie suk­ses kan be­haal met tot 13 SA­sko­le­spe­lers in jou span nie, moet jy an­der werk gaan soek.

Ek kyk na die Bul­le se Su­per­rug­by-groep en kan met al­le eer­lik­heid sê daar is bit­ter min spe­lers van an­der u­nies wat sal plek kry bo die hui­di­ge spe­lers­korps.

Die Kings be­haal pro ra­ta baie meer suk­ses met die krum­mels (eks­kuus ou­ens) tot hul be­skik­king.

Ons frus­tra­sie is in ag ge­no­me dat die Bul­le van die bes­te spe­lers in die land het, maar glad nie na ver­moë pres­teer nie.

Dis ook nie van gis­ter dat hier­die pro­bleem kom nie.

Ons stoei al die af­ge­lo­pe vier of vyf jaar met ’n span wat dui­de­lik nie by die e­vo­lu­sie van mo­der­ne rug­by aan­ge­pas het nie.

Ons span weet self nie hoe hy wil speel nie. Soms met die bal in die hand, met skok­ken­de vaar­dig­heids­te­kor­te en soms weer te­rug na die bal weg­skop en swaar ge­won­ne be­sit weg­gee son­der om mee te ding. Ti­an S­choe­man speel ewe s­kie­lik die­per as Mor­né S­teyn. Die af­rig­ter sien dit nie of doen bloot niks daar­aan nie.

Af­ge­sien van die af­ge­lo­pe wed­stryd teen die High­lan­ders is my span fut­loos.

Kort­om, Gert, ons is keel­vol vir die be­sluit­ne­mers by die u­nie en ja, dit is Ba­rend van Graan en kie se skuld om­dat hul­le nie die kri­tie­ke toe­stand van ’n eens trot­se u­nie kan raak­sien en iets daar­aan doen nie.

Ma­rais en sy af­rig­ting­span is lig­ge­wig­te in ’n me­de­din­gen­de pro­fes­si­o­ne­le om­ge­wing. Ons bly nie weg om­dat ons dis­lo­jaal is nie. Dit is ’n nood­kreet om ’n hals­star­ri­ge be­stuur te dwing tot op­tre­de.

’n Jong Bul­on­der­steu­ner op Lof­tus Vers­feld. Fo­to: DEAAN VIVIERS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.