Le­wens­fi­lo­so­fie dan iets wat jy net kan koop?

Beeld - - Kommentaar - Wil­helm Jor­daan

Ge­luk­kig het die gro­ter deel van die klas ge­ska­ter­lag an­ders was die wind heel­te­mal uit my sei­le. Dit het só ge­kom: Aan die ein­de van ’n le­sing­reeks ge­sels ek met die stu­den­te oor die be­lang­rik­heid om ’n eie le­wens­fi­lo­so­fie te hê en om dit on­der eie woor­de te kan bring. En praat ver­dui­de­li­kend oor drie soor­te le­wens­fi­lo­so­fieë.

Heel eer­ste, harts­tog­te­li­ke po­si­ti­wi­teit – soos dit ver­beeld word in E­le­a­nor Por­ter se ro­man oor die lief­tal­li­ge mei­sie­tjie, Pol­ly­an­na. Voor haar pa se dood het hy haar ge­leer om al­tyd die “glad ga­me” te speel – dat jy in el­ke ne­ga­tie­we ding iets po­si­tiefs móét vind.

So by­voor­beeld het sy haar pa se dood as ’n goeie ding ver­tolk, want só kon hy he­mel toe gaan om by haar ma te wees. En as sy in die wees­huis vir ar­mes ’n paar kruk­ke vir Kers­fees kry, moes sy nie te­leur­ge­steld wees nie, maar dank­baar dat sy die kruk­ke nie no­dig het nie!

Hoe lof­lik ook al, lei dié al­tyd glim­lag­gen­de roos­kleu­rig­heid dik­wels daar­toe dat jy die pyn­li­ke mens­li­ke werk­lik­heid ver­draai of ont­ken. En dan be­grip­loos en on­voor­be­reid is oor hoe jy die swaar wat men­se het, lig­ter kan help maak.

Toe, as teen­stel­ling, ’n fi­lo­so­fie van uit­sig­lo­se ne­ga­ti­wi­teit wat na vo­re kom in kei­har­de si­nis­me.

Soos wan­neer ver­al ou­er men­se din­ge sê soos: “Droom maar jul­le droom­pies, jul­le jon­ges. Dít sal nie slaag; ek waar­borg dit. Mis­luk­king is die voor­land.”

Sul­ke uit­druk­kings her­in­ner aan die dig­ter G.A. Wa­ter­mey­er se seg­ging: “Si­nis­me is ’n ma­er kruik met moeë bars­te.” Wat sê die kruik be­vat min koel, la­wen­de wa­ter en die bie­tjie wat oor is, lek on­ge­bruik uit.

Toe ’n der­de moont­lik­heid – om na­den­kend en met pyn­li­ke be­wust­heid i­ro­nies te pro­beer leef. En ek gee voor­beel­de: N.P. van Wyk Louw wat in Groot Ode skryf: “. . . nie­mand tref dit móói in die heel­al nie/eint­lik moet ons leer i­ro­nies le­we:/ en bin­ne i­ro­nie nog lief­de hou.”

En Ju­li­an Bar­nes wat skryf in No­thing to be F­rig­h­te­ned of: “I don’t be­lie­ve in God, but I miss him.” Of Le­o­nard Co­hen wat sing: “Ring the bells that still can ring/ For­get your per­fect of­fe­ring/ T­he­re is a crack in e­ver­y­thing/ That’s how the lig­ht gets in.” Of met die sax­o­foon wat in die laat­nag beur­te­lings huil en ju­bel.

Mis­kien was my le­sing ’n bie­tjie te my­me­rend, soos wan­neer Ken G­rif­fin “Crui­sing Do­wn the Ri­ver on a Sun­day Af­ter­noon” op die Ham­mond-or­rel speel, en mis­kien het ek die klou­tjie nie vol­doen­de by die oor ge­bring nie.

Dit was toe dat ’n stu­dent hand op­steek en met kwa­lik be­dek­te er­ger­lik­heid smeek-vra: “But ple­a­se tell me then w­hat wor­ld view do I need to ha­ve!” Dis toe dat die gro­ter deel van die na­graad­se klas bal­da­dig ge­lag het.

Ek was dank­baar daar­oor, maar het ag­ter­na bly won­der: Het die moe­de­lo­se stu­dent ge­dink ’n mens druip of slaag of kry ’n on­der­skei­ding vir jou le­wens­fi­lo­so­fie? Of is dit ’n be­sit­ba­re pro­duk; iets wat jy kan koop, ver­huur of leen?

’n Der­de moont­lik­heid: om na­den­kend en met pyn­li­ke be­wust­heid i­ro­nies te pro­beer leef.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.