NK­lei­er­stryd wys wat wag van­jaar op na­si­o­na­le ANC

Beeld - - Kommentaar -

Die Noord-Kaap­se ANC is die pro­vin­si­a­le tak wat die min­ste af­ge­vaar­dig­des (in 2012 176 van die 4 500) na die par­ty se vyf­jaar­lik­se lei­ers­kon­fe­ren­sie stuur, maar dit verg ’n klein vlam om ’n groot vuur aan die brand te steek.

As die Noord-Kaap se eie ANC-lei­ers­ver­kie­sing die af­ge­lo­pe na­week dui op ont­wik­ke­lin­ge wat van­jaar in ANC-lei­ers­di­na­mi­ka te wag­te kan wees, wag ’n deur­slag­ge­wen­de jaar op die par­ty.

Za­ma­ni Saul, wat klin­kend as nu­we ANC-lei­er in die pro­vin­sie aan­ge­wys is, en sy vol­ge­lin­ge skaar hul­le on­om­won­de aan die kant van adj.pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa in sy wed­loop teen N­ko­sa­za­na Dla­mi­ni-Zu­ma om die lei­er­skap van die par­ty wat ein­de van­jaar op die spits ge­dryf word. Syl­via Lu­cas, Noord-Kaap­se pre­mier, wat teen Saul uit­ge­val het, is ’n vu­ri­ge Zu­ma-mee­lo­per.

Ná ’n hit­si­ge aan­loop tot die lei­er­stryd het Lu­cas op die pro­vin­si­a­le ver­kie­sings­kon­fe­ren­sie in Co­les­berg haar kan­di­da­tuur ont­trek, wat mee­ge­bring het dat Saul, Noord-Kaap­se ANC- se­kre­ta­ris, on­be­stre­de as voor­sit­ter ver­kies is.

Dit bring die uit­da­ging van twee mag­sen­trums mee wat al tel­kens vir po­li­tie­ke par­tye die dood in die pot was. As pre­mier is Lu­cas nog tot in 2019 die amp­te­li­ke Noord-Kaap­se re­ge­rings­hoof, maar as par­ty­lei­er is Saul die po­li­tie­ke mags­heb­ber wat die la­kens uit­deel. S­kaars het die stof gaan lê of Lu­cas het aan­ge­dui sy gaan die kon­fe­ren­sie se sta­tus be­twis. Sy wil ook die keu­ring van af­ge­vaar­dig­des na die ANC se na­si­o­na­le uit­voe­ren­de komitee ver­wys.

Die stryd het gis­ter ver­he­wig. Dit blyk nou dat Lu­cas in­lig­ting aan die Val­ke ver­skaf het oor die be­weer­de mis­bruik van staats­geld vir die aan­bie­ding van die ver­kie­sings­kon­fe­ren­sie. Haar skie­li­ke toe­wy­ding aan skoon be­stuur val vreemd op, ver­al aan­ge­sien sy nie juis ’n kamp­veg­ter teen die wan­aan­wen­ding van staats­geld is nie.

Die kon­kel­werk en in­tri­ge in Noord-Kaap­se ANC-ge­le­de­re strook met dié op na­si­o­na­le ANC­vlak waar er­ge vuur­werk van­jaar ver­wag word.

In die ANC is din­ge nooit een­vou­dig nie. Saul het noue ban­de met sy kor­rup­te voor­gan­ger die oud-LUR John Block. Hy het die na­week o­pen­lik so­li­da­ri­teit met die ver­oor­deel­de mis­da­di­ger be­tuig. Wat wys steun vir Ra­map­ho­sa is nie ’n waar­borg vir skoon re­ge­ring nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.