Was Du P­reez al ooit in Co­li­gny?

Beeld - - Kommentaar -

I­zak S­mal­man, Bail­lie­park

Dit lyk my Max du P­reez (16.05) voel in sy hart dat hy iet­wat kras is in sy te­reg­wy­sing van Su­pra Ma­hu­ma­pe­lo, Noord­wes se pre­mier.

Daar­om pro­beer hy sy uit­la­ting tem­per deur na wit ras­sis­me te gryp.

Max weet glo wat wit men­se se hou­ding in dor­pe soos Co­li­gny is. Swart men­se moet wit men­se hier nog as “baas” aan­spreek.

Ek wil van Max weet of hy al ooit in Co­li­gny was en met wie hy ge­praat het om sy stel­ling te staaf. Hy meen dat Co­li­gny die voor­bok­dorp van ras­sis­me is en dat dit dan op an­der dor­pe toe­ge­pas word.

Mis­kien kan hy so ’n dorp of twee by die naam noem.

Na­tuur­lik is die in­wo­ners en boe­re van Co­li­gny nie en­gel­tjies nie; ek kom im­mers self van daar­die plek.

Ek sal wel van Max wil weet wat­ter in­wo­ner of boer iets ver­keerds ge­doen het wat aan­lei­ding tot die on­lus­te ge­gee het. Ek on­der­neem om self met daar­die per­soon of per­so­ne te gaan praat.

Hy is die laas­te een wat groe­pe soos A­friForum en die Rap­port­ry­ers kan maan om ’n meer pro­ak­tie­we rol te speel in die ver­soe­ning en be­grip in ge­meen­skap­pe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.